Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Varsitybeker: Ringkoppe besluit later

Die oorblywende bepalings van die Varsitybeker-rugbyreeks is met onmiddellike ingang weens Covid-19 gekanselleer.

Dit sluit ook alle wedstryde in die Skild- en die Young Guns-reeks in.

Ondersteuners van die Varsitybeker-reeks gaan vir die afsienbare toekoms droëbek moet sit. Foto: Gallo Images

Dié besluit is Dinsdag op ’n vergadering van die bestuur van die reeks, wat verteenwoordigers van die universiteite insluit, geneem.

Daar sal eers teen die einde van April ’n besluit oor die res van die jaar se bepalings geneem word. Die afgelope Maandag se wedstryde is laat Sondagaand afgestel.

Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondag maatreëls aangekondig het om die verspreiding van Covid-19 te probeer stuit. Die meeste universiteite het daarna hul klasse opgeskort.

Die gevolg is dat hulle hul akademiese kalender probeer herstruktureer, wat ’n invloed op vakansies, eksamens en lesings gaan hê. En dus ook op die studenterugbyreeks.

Die Varsitybeker-organiseerders moet ook rekening hou met hoe die Suid-Afrikaanse Rugbyunie die plaaslike kalender weens die virus gaan hersien.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Koronavirus  |  Universiteite  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.