Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Varsitybeker: Shimlas klop UWK
Varsitybeker
Sechaba Matsoele gaan Maandag op loop in die Shimlas se Varsitybeker-rugbywedstryd teen die UWK in Bellville. Foto: Jaco Marais

Ervaring teenoor ’n gebrek aan dissipline.

Dit was Maandagmiddag die verskil tussen die Varsitybeker-rugbyspanne van die Shimlas en die Universiteit van Wes-Kaapland in Bellville.

Die besoekers uit Bloemfontein het die wedstryd met 47-25 gewen en die nuweling in die beker-kompetisie op sy baadjie gegee.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - FEBRUARY 11: Marnus Bosh
Marnus Boshoff duik oor vir een van sy twee drieë vir die Shimlas. Foto: Gallo Images

Die Shimlas se kaptein en sewe-flank, Henco Pretorius, was aan die spits van sy span se oorheersende vertoning. Met ’n bietjie meer geluk en meer gedissiplineerde spel, kon die nuweling se telling anders daaruit gesien het.

Vir ’n meer gelykop eerste helfte van rugby kon daar nie gevra gewees het nie. Die spanne was met rustyd kop-aan-kop, met die Shimlas ’n kortkop voor met 21-20.

Die slot Siba Qoma het ook ’n uitstaande wedstryd vir die Shimlas gehad en so ook die senterpaar, die Eybers-tweeling Kurt en William. Marnus Boshoff, die linkervleuel, het twee van sy span se sewe drieë gedruk. Hy was die Speler van die Wedstryd.

Die Bellville-span is beslis nie een oor wie daar geloop gaan word nie. Hy het gewys hoekom hy die skildreeks reeds twee keer gewen het, al het hy nie juis enige bedreiging vir die Shimlas ingehou nie.

Die span lyk na ’n goed afgerigte een, nou moet daar net aan sy dissipline gewerk word.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - FEBRUARY 11: Aidynn Cupi
Aidynn Cupido van die UWK op pad doellyn toe terwyl Marnus Boshoff van Shimlas hom probeer stuit. Foto: Gallo Images

Vir die tuisspan het die vleuel Aidynn Cupido se onderskepdrie vir die meeste opwinding gesorg, toe hy byna 70 m gehardloop het om te gaan druk. Die ander vleuel, André Manuel, het self ’n barshou gespeel.

* Vroeër het UWK se Young Guns hul Shimla-eweknieë met 21-5 verniel.

Puntemakers:

Shimlas 47 (21): Drieë: Sechaba Matsoele (7 punte), Marnus Boshoff (2), Siba Qoma (2), Janco Cloete, Henco Pretorius. Doelskoppe: Justin Taylor (5).

UWK 25 (20): Drieë: Clayton Daniels, Aidynn Cupido (7 punte), André Manuel (7 punte). Doelskop: Lyle Hendricks. Strafdoele: Hendricks (2).

* In Johannesburg het Wits sy wedstryd teen die Ixias van Bloemfontein met 25-15 gewen in ‘n wedstryd wat deur reën onderbreek is. Wits was rustyd met 8-6 voor. Ixias se losskakel, Heinrich Bitzi het al sy span se punte, met vyf strafdoele aangeteken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.