SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
Varsitybeker: Tuks en Maties vroeg slaags

Tuks en die Maties, die twee finaliste in vanjaar se Varsitybeker-reeks, is aanstaande jaar reeds in die derde ronde van die reeks in Stellenbosch slaags.

Tuks se losskakel Tinus de Beer in aksie in vanjaar se Varsitybeker-halfeindronde teen die Shimlas in Pretoria. Foto: Gallo Images

Die Maroentruie sal wil vergoed vir die nederlaag van 21-28 wat hulle teen Tuks in vanjaar se eindstryd in Pretoria gely het. Die Maties moes trouens die afgelope twee jaar strooijonker speel.

Tuks se veldtog om hul titel te verdedig begin op 29 Januarie met ’n tuiswedstryd teen 2015 se kampioen, die Shimlas.

Die Shimlas speel die daaropvolgende week teen die Maties.

Toe daar nog hoop was. Twee Maties wens mekaar geluk nadat die Stellenbossers die Universiteit van Johannesburg vanjaar in die halfeindronde geklop het. Twee weke later is die Maties se hart gebreek toe hulle wéér in die eindstryd verloor het. Foto: Gallo Images

Die Maties kom in hul eerste wedstryd teen die Universiteit van Johannesburg in die Goudstad te staan.

Wits, wat die uitspeelwedstryde van vanjaar se toernooi net-net misgeloop het en met die vyfde plek tevrede moes wees, reis na Kaapstad om met die Ikeys kragte te meet.

Die Pukke wat in 2016 die kroon gedra het, speel in hul eerste wedstryd gasheer vir die Ixias van Bloemfontein.

Die Madibaz geniet ’n loslootjie in die eerste week.

Die Madibaz sal aanstaande jaar weer op hul tuisveld te sien wees. Hulle het weens herstelwerk aan hul stadion vanjaar al hul tuiswedstryde prysgegee en kon slegs twee oorwinnings in hul agt wedstryde behaal.

Die nege spanne sal soos vanjaar elkeen teen mekaar speel, waarna die halfeindronde op 2 April en die eindstryd op 16 April beslis word.

29 Januarie: 16:45: Tuks t. Shimlas (TV); 18:30: Ikeys t. Wits, Pukke t. Ixias; 19:00: Universiteit van Johannesburg (UJ) t. Maties (TV).

5 Februarie: 16:45: Madibaz t. Ikeys (TV); 18:30: Maties t. Shimlas, UJ t. Ixias; 19:00: Wits t. Tuks (TV).

12 Februarie: 16:45: Ixias t. Madibaz (TV); 18:30: Shimlas t. Wits, Ikeys t. Pukke; 19:00: Maties t. Tuks (TV).

19 Februarie: 16:45: Madibaz t. Wits (TV); 18:30: Maties t. Ixias, Ikeys t. Shimlas; 19:00: Pukke t. UJ (TV).

26 Februarie: 16:45: Wits t. Maties (TV); 18:30: Ikeys t. Tuks, Madibaz t. Pukke; 19:00: Shimlas t. UJ (TV).

5 Maart: 16:45: Tuks t. Pukke; 18:30: UJ t. Madibaz, Ixias t. Wits; 19:00: Maties t. Ikeys (TV).

12 Maart: 16:45: Wits t. UJ (TV); 18:30: Ixias t. Tuks, Madibaz t. Maties; 19:00: Pukke t. Shimlas (TV).

19 Maart: 16:45: Ixias t. Ikeys (TV); 18:30: Shimlas t. Madibaz, Wits t. Pukke; 19:00: Tuks t. UJ (TV).

26 Maart: 16:45: Shimlas t. Ixias (TV); 18:30: Tuks t. Madibaz, UJ t. Ikeys; 19:00: Pukke t. Maties (TV).

2 April: Halfeindronde. 16 April: Eindstryd.

Meer oor:  Varsitybeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.