Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vaste fasette hou sleutel – Hawies

Die Cheetahs se Hawies Fourie was ná sy paar jaar as afrigter van Maties goed vertroud met Chris Smith en wou die Blou Bulle se losskakel vroeër na die Vrystaat lok.

Smith het in die Unlocked-reeks ’n doelskop van skuins verbrou wat die Cheetahs met 19-17 laat wen het. Hy kon verlede week vergoed in die Blou Bulle se eerste Curriebeker-wedstryd toe hy hulle met ’n doelskop met 22-20 teen die Westelike Provinsie laat wen het.

Fourie sê hy ken Smith sedert 2015 en het net lof vir die hardwerkende speler.

“Hy het ’n lekker kalm kop op sy lyf, hy het baie goeie vaardighede en kan baie goed aangee na albei kante toe. Hy skop goed en is ook ’n goeie verdediger.

Hawies Fourie Foto: Gallo Images

“Ek wou vir Chris ook graag gekontrakteer het nadat hy by die Pumas was, maar die Bulle het my verlede jaar voorgespring,” sê Fourie.

“Ek is baie bly vir hom dat dit vir hom reg loop in sy loopbaan, hy het baie terugslae gehad toe hy jonk was.

“Ek hou altyd daarvan as ’n speler wat hard werk beloon word. Om so ’n belangrike skop soos verlede week oor te skop, sal hom baie selfvertroue gee.”

Die Blou Bulle het intussen hul gereelde losskakel Morné Steyn terug vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Vrystaat-Cheetahs op Loftus Versfeld met Smith ook terug op die plaasvervangersbank.

Fourie waarsku dat albei goeie skoppers is en dat hulle nie foute kan bekostig.

Hy sê die vaste fasette en dissipline sal die sleutel wees en sal die uitslag bepaal.

Hulle sal hul ook moet staal vir die Bulle se sterk drywe wanneer daar nie pale toe geskop word nie.

Fourie is nie te bekommerd omdat twee van hulle slotte, Walt Steenkamp en Sintu Manjezi, nou by die Bulle is en van hulle geheime kan uitlap nie.

“Hulle ken al die planne wat ons gewoonlik het redelik goed. Ek glo albei is mense met integriteit en ek dink nie hulle sal nou sommer onnodig te veel seker uitlap nie.”

Fourie sê ook hulle het ’n paar ander planne, so dis nie dat die Bulle gaan weet wat presies gaan kom nie.

“Ek glo nie dit gaan ’n geval wees as ons nou ’n Coke roep dan weet die hele Blou Bul-span wat volgende gaan gebeur nie.”

Fourie sê hulle hou altyd die weer dop en sal reg wees om in albei moontlike situasies te speel.

Hulle vorige wedstryd teen Griekwas was op ’n nat veld. Almal weet na dese wat verlang word en waarop terugval moet word as die speelveld nat is.

Meer oor:  Cheetahs  |  Bulle  |  Hawies Fourie  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.