Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vat die kans, sê Naas oor Derick se NFL-droom

Hoekom nie? Dit sal ’n fantastiese storie wees as hy dit wel kan maak.

Dít is die reaksie van die voormalige Springbok-losskakel Naas Botha oor die nuus dat Derick Hougaard vuur en vlam is om sy beroepsloopbaan in die Amerikaanse Voetballiga (NFL) af te sluit.

Naas Botha oefen in 1984 sy skopwerk vir die New England Patriots in Amerika. Foto: Gallo Images

Hougaard het agt jaar gelede laas rugby gespeel en sy ouderdom (37) tel ook boonop teen hom.

Dié voormalige losskakel van die Bulle en die Bokke is egter oortuig daarvan hy het nog minstens vyf jaar as ’n beroepspeler oor.

En as dit van hom afhang, sal hy dié jare in die NFL deurbring.

Botha het in 1983 opslae gemaak toe hy Noord-Transvaal en Suid-Afrikaanse rugby vaarwel toegeroep het om vir die Dallas Cowboys in Amerika te gaan speel.

Hy het uiteindelik nie die Cowboys se NFL-groep gehaal nie, maar nog ’n NFL-span, die New England Patriots, het hom later ’n kontrak aangebied.

Vat die kans. Jy weet nooit, dalk is daar iewers ’n span wat beïndruk is met sy skopwerk en hom vir ’n oefenkamp nooi.

Botha het egter die aanbod van die Patriots van die hand gewys om weer vir die Ligbloues te kom speel, maar sê in sy outobiografie, Naas, sy jaar in Amerika was een van die beste ondervindings van sy lewe.

Hy sê Hougaard het onlangs vir hom ’n boodskap gestuur oor sy NFL-droom.

“Vat die kans. Jy weet nooit, dalk is daar iewers ’n span wat beïndruk is met sy skopwerk en hom vir ’n oefenkamp nooi.

“As jy kan skop, kan jy skop en Derick behoort die aanpassings te kan maak.”

Dit is natuurlik nie so maklik soos wat dit klink nie, gee Botha toe.

“Die ouens wat met Amerikaanse voetbal grootword, het ’n groot voordeel bo iemand wat van buite af kom.

“Ek onthou dit was destyds ook ’n sielkundige uitdaging om vir sewe weke daagliks van 07:00 tot 21:00 te oefen.

“As jy indruk maak, hou die ouens van jou en kan jy groot geld verdien. Die teenoorgestelde is ook waar en jy kry baie vinnig die trekpas.”

Botha sê hy beskou dit as ’n opwindende vooruitsig vir Hougaard.

“Al werk dit nie vir hom uit soos wat hy hoop nie, het hy minstens iets anders ervaar en kan hy sê hy het probeer.

“Ek hou van iemand wat drome het en bereid is om die kans te vat.”

Meer oor:  Naas Botha  |  Derick Hougaard  |  Nfl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.