Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Veelsydige oud-Bul in PE; Kings wag nog
Jurgen Visser soek ’n nuwe rugby-heenkome. Foto: gallo images

Dit lyk of Jurgen Visser sy rugbyloopbaan by die sukkelende OP-Kings weer op dreef gaan probeer kry.

Die Kings het nog niks amptelik bevestig nie, maar Visser is reeds in die Baai.

Dié voormalige veelsydige agterspeler van die Bulle sal na verwagting Maandag saam met die Kings begin oefen.

Dis nou as daar ’n oplossing vir die Kings se geldprobleem gevind kan word.

Die spelers is teen gister steeds nie betaal nie en die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging sal vandag die kwessie verder voer indien dit steeds nie gedoen is nie.

Visser het tot 2010 agt keer vir die Westelike Provinsie gespeel voordat hy na Pretoria verhuis het.

Daar het hy gou die oog getref met sy knap spel, maar middel vanjaar het sy ster sodanig verdof dat die Bulle nie weer sy kontrak hernieu het nie.

Hy het altesame 40 keer vir die Blou Bulle en 31 keer vir die Bulle gespeel.

Die 26-jarige Visser is die laaste paar jaar meestal op heelagter gesien, maar hy kan ook as losskakel en vleuel gebruik word.

By die Kings sal hy met spelers soos Scott van Breda, Syl­vian Mahuza, Hansie Graaff en Shakes Soyizwapi om die nr. 15-trui moet meeding.

Op losskakel sal hy dit teen Graaff, Gary van Aswegen, JC Roos, Elgar Watts en Louis Fouché moet uitspook.

Dis onwaarskynlik dat die Kings hom op vleuel sal gebruik, hoewel enigiets moontlik is.

Wie weet hoeveel spelers die Kings nog oor gaan hê teen die tyd dat die nuwe seisoen begin?

Met die onsekerheid oor die Kings se toekoms het die Oostelike Provinsie Rugbyunie nog nie ’n amptelike lys van sy spelers uitgestuur nie.

In hierdie stadium is daar nog nie eens amptelik gesê wie die Kings gaan afrig nie.

Meer oor:  Op-Kings  |  Bulle  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.