Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Verander rugby-reëls, vra Franse ná dood

In die nadraai van die dood van drie rugbyspelers het die Franse Rugbyfederasie (FFR) nou ’n beroep op Wêreldrugby gedoen om die reëls oor duikslae ingrypend te hersien.

PARIS, FRANCE - MARCH 10: Bernard Laporte preside
Bernard Laporte president van die Franse Rugbyfederasie. Foto: Getty Images

Bernard Laporte, president van die FFR, het die afgelope week met onder andere Bill Beaumont, Wêreldrugby se president, in Parys vergader, berig stuff.co.nz.

Die Fransman vra dat duikslae bo die middel en duikslae wat deur meer as een speler gelyktydig op ’n speler uitgevoer word, verbied word.

Dit volg nadat Nicolas Chauvin, ’n akademiespeler by Stade Francais, vroeër vandeesmaand dood is nadat hy deur meer as een teenstander gelyktydig geduik is.

Hy was die derde Franse speler wat sedert Mei dood is nadat hulle op die veld beseer is.

Laporte het aan die media gesê die FFR en die Nasionale Rugbyliga (NRL), die beheerliggaam van die Franse Top14 en ProD2 voel albei dat veranderinge aan die reëls met betrekking tot duikslae gemaak moet word.

“Ons spelers se gesondheid is ’n absolute prioriteit vir ons,” sê Laporte.

“Die spel moet fundamenteel ontwikkel, rugby moet ’n spel van beweging wees waar die vermyding (van kontak) kontak moet oorheers.

“Om dit te laat gebeur, is dit belangrik dat gesindhede eers verander en dan dat die reëls wat duikslae betref, ook verander

“Die FFR en die NRL het daarom aan Wêreldrugby voorgestel dat die geen duikslae hoër as die middel toegelaat word nie, meer as een speler nie gelyktydig ’n duikslag op ’n teenstander uitvoer nie en dat kop-aan-kop-duikslae verbied word,” sê Laporte.

Ek dink rugby is op die lang termyn in die moeilikheid omdat dit so ’n gewelddadige sportsoort is.
Dr. Barry O'Driscoll

Die Franse het na wat verneem word aangebied om die reëls, indien dit verander word, in hul amateurkompetisies te toets.

Beaumont het aan The Times gesê dat spelerswelstand en die reëls van die spel op Wêreldrugby se vergadering in Maart in Frankryk bespreek sal word.

Hy het gesê hy besef dat Franse rugby deur ’n moeilike tyd gaan en dat die beheerliggaam sal voortgaan om die risiko van beserings so ver as moontlik uit te skakel.

Roxana Maracineanu, Frankryk se sportminister, sê “dit is tyd dat die sport reëls het wat jong spelers teen die risiko’s beskerm”.

Louis Fajfrowski, wat vir Stade Aurillac, gespeel het, is in Augustus dood in die kleedkamer, kort ná ’n duikslag.

Spelers soos die voormalige Griekwas-agterspelers, AJ Coertzen en Pieter-Steyn de Wet, is albei op Aurillac se boeke.

Dr. Barry O’Driscoll, Wêreldrugby se hoof-mediese beampte, het op RTE, ’n Ierse televisiekanaal, gesê daar gaan ’n tyd kom dat rugbyspelers vrywaring sal moet teken.

“Ek dink rugby is op die lang termyn in die moeilikheid omdat dit so ’n gewelddadige sportsoort is.” – Sportredaksie

Meer oor:  Frankryk  |  Wereldrugby  |  Bernard Laporte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.