Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Verbasing oor Matfield se U-draai
Pote Human, nuwe afrigter van die Bulle se Superrugby-span.Foto: Deaan Vivier
Victor Matfield was in 2017 kortstondig as hulpafrigter van die Leeus se Curriebeker-span betrokke.Foto: Gallo Images

Hy kan dit nie kleinkry dat Victor Matfield deur die hele proses is as kandidaat om die Bulle se Superrugby-afrigter te word en dan op die laaste oomblik kleinkoppie getrek het nie, sê Willem Strauss, president van die Blou Bulle.

“Dalk het hy maar tot die besef gekom dit is ’n té hoërisikowerk,” het Strauss Dinsdag gesê toe Pote Human aangewys is as die Bulle se nuwe Super-afrigter.

“Dit was uiteindelik sy se persoonlike besluit en ons sal dit respekteer.
Willem Strauss

“Dit was uiteindelik sy (Matfield) se persoonlike besluit en ons sal dit respekteer,” sê Strauss.

Matfield was die gunsteling om as die Bulle se nuwe afrigter aangewys te word, maar hy het op nommer 99 koue voete gekry en na wat berig is, het hy familie-redes en sy verpligtinge as SuperSport-ontleder en kommentator voorgehou hoekom hy nie die pos aanvaar het nie.

Daar is wel ook gerugte dat hy nie gelukkig was met sekere prestasieklousules in sy kontrak nie en dat dít ’n rol gespeel het in sy besluit.

Matfield is in 2017 aangewys as die Leeus se lynstaan-afrigter in die Curriebeker-reeks, maar dit was ook ’n kortstondige verhouding met die span aan die anderkant van die Jukskeirivier.

Daar was verskeie oefeninge en selfs wedstryde waar hy nie teenwoordig was nie. Sy betrokkenheid by wildveilings is as die rede vir sy afwesigheid aangevoer.

Hoewel Matfield as een van die beste slotte in sy speeljare in wêreldrugby ’n veel hoër en groter profiel as Human het, het laasgenoemde sy skoolgeld as afrigter betaal en sal sy toewyding aan die Bulle bo verdenking wees.

Ons is baie tevrede met ons uiteindelike aanstelling en sal hom al die samewerking en hulp gee om suksesvol in sy pos te kan wees.
Willem Strauss

“Ons is baie tevrede met ons uiteindelike aanstelling en sal hom al die samewerking en hulp gee om suksesvol in sy pos te kan wees. Daar is geen twyfel dat daar baie risiko verbonde is aan die pos as afrigter nie, en dit kan mense wel afskrik,” sê Strauss.

Die ander onsuksesvolle kandidaat op die kortlys was Deon Davids, die afrigter van die Southern Kings.

Meer oor:  Pote Human  |  Victor Matfield  |  Pretoria  |  Afrigter  |  Aanstelling  |  Rugby  |  Bulle  |  Kandidaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.