Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Verbode middels: Dyantyi wag

Daar wag ’n senutergende tyd op die Springbok-vleuel Aphiwe Dyantyi om te hoor of daar met sy B-toets is vir ’n verbode middel bevestiging is, en dit dieselfde resultaat gaan oplewer as die aanvanklike toets.

Aphiwe Dyantyi in Junie in aksie vir die Leeus in ’n Superrugby-wedstryd teen die Hurricanes.Foto: Gallo Images

Dyantyi, wat nie Maandag in die Wêreldbekergroep aangekondig sal word nie nadat hy ’n geruime tyd buite aksie was weens ’n dyspierbesering, is positief getoets vir die gebruik van ’n verbode middel.

Hy is op 2 Julie vanjaar op ’n Springbok-kamp getoets en dit het die skok-resultaat gelewer dat hy ’n verbode middel sou gebruik het.

Die versoek vir ’n B-toets is gerig en daardie resultaat sal glo binnekort bekend wees.

Dyantyi het Saterdag in ’n nuusverklaring ten sterkste ontken dat hy verbode middels gebruik het om sy vertoning op die veld te verbeter. Volgens hom het hy glad nie doelbewus of selfs per ongeluk enige sulke middels gebruik nie.

“Ek glo in harde werk en om alles op ’n eerlike manier doen. Ek het nog nooit gekul nie en sal dit ook nie doen nie,” sê die 24-jarige wat verlede jaar as Wêreldrugby se nuweling van die jaar aangewys is.

“Die nuus dat daar ’n verbode middel in my bloed was, is ’n geweldige skok vir my. Met die hulp van die bestuurspan en ander kenners word alles moontlik gedoen om agter die kap van die byl te kom en vas te stel hoe dit kon gebeur het.

“Ek wil hê geregtigheid moet geskied en dat my onskuld bewys moet word,” sê Dyantyi.

“As ’n professionele sportman op nasionale en internasionale vlak word ek gereeld vir verbode middels getoets.

“Ons weet dat ons minstens twee tot vier keer per jaar getoets word. Om dus enige verbode middel te gebruik sal nie net onverantwoordelik wees nie, maar dit is iets waaraan ek nie eens sal dink om bewustelik te gebruik nie.

“Dit sal sinneloos en baie dom wees,” sê die blitsvleuel van die Bokke en die Leeus.

Dyantyi sê hy is op 15 Junie ook getoets, wat toe skoon was.

Hy is reeds die laaste twee maande langs die kantlyn weens ’n dyspierbesering.

Dyantyi het sy spanmaats en spanbestuur by die Leeus en die Springbokke, asook sy familie en vriende, om verskoning gevra.

Rudolf Straeuli, uitvoerende hoof van die Leeus, het Sondag gesê hy kan geen kommentaar lewer nie, want dit is ’n proses wat sy verloop moet neem.

Meer oor:  Aphiwe Dyantyi  |  Springbokke  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.