Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vergeet die soesji, hier’s jou steak!

Rassie Erasmus vat ’n dieetkundige, Zeenat Simjee, saam na Japan om te verseker dat die Springbokke genoeg braaivleis inkry en nie te veel huis toe verlang tydens die Wêreldbekertoernooi nie.

Zeenat Simjee

Aangesien nie al die Bokke vertroud met Japanse kossoorte is nie, het Erasmus plek vir Simjee op sy bestuurspan gemaak om te verseker dat sy spelers al die nodige voedingswaarde tydens die rugbyskouspel inkry.

Erasmus het as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby groter planne met Simjee as net haar betrokkenheid by die Bokke. Sy sal vorentoe by al die nasionale spanne betrokke raak.

Verder sal Simjee as deel van haar pligstaat ook in die toekoms al die unies moet besoek.

Sy sal die ongeveer 65 spelers, wat van volgende jaar af betaling van Saru volgens die beheerliggaam se nuwe kontrakteringstelsel sal ontvang, se eetplanne moet opstel.

Simjee is die tweede amptelike aanstelling wat Erasmus vanjaar op sy Bok-bestuurspan met die oog op die Wêreldbeker gemaak het.

Eugene Henning, die besturende direkteur van die MyPlayers-organisasie, sal tot met die Wêreldbeker op die Bokke se bestuurspan wees.

MyPlayers sien om na die belange van Suid-Afrika se beroepsrugbyspelers en Henning is daarom uitgeknip vir ’n rol waar hy binne die Bok-kamp na die spelers se sake en welsyn sal omsien.

Meer oor:  Bokke  |  Rassie Erasmus  |  Japan  |  Wêreldbekerrugby  |  Dieet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.