Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vergeet die statistieke, Wallis wen
Dan Biggar (links) en Liam Williams (regs) is op die plaasvervangersbank vir die toets teen Australië gekies. Foto: Getty Images

Australië mik Saterdag in Cardiff na sy 14de toetsrugbysege agtereenvolgens oor Wallis.

Ondanks dié indrukwekkende stukkie statistiek, word die Wallabies nie as die gunsteling-span geag om teen die Rooi Drake te wen nie.

Die rede is dat Wallis sy laaste ses wedstryde gewen het, terwyl die Wallabies met ’n skamele wenpersentasie van 25% die afgelope 12 maande tevrede moet wees.

Jy kyk altyd na die 80 minute wat voor jou lê. Die res is net praatjies,
Michael Cheika

Michael Cheika, die afrigter van die Wallabies, het aan die Sydney Morning Herald gesê dit pla hom nie dat Wallis as die gunsteling beskou word nie.

“Jy kyk altyd na die 80 minute wat voor jou lê. Die res is net praatjies,” het Cheika gesê.

Cheika het ietwat verras deur Tolu Latu – wat ietwat van ’n heethoof is – op haker in die plek van die veteraan Tatafu Polota-Nau te kies.

Die vurige haker Tolu Latu is dié naweek in die Wallabies se beginspan teen Wallis in Cardiff.Foto: Getty Images

Latu is onlangs met twee geelkaarte gestraf, maar Cheika het gesê hy verwag nie van hom om skielik minder aggressief te speel nie.

Warren Gatland, Wallis se breier, het intussen aan die BBC gesê hy hoop sy plaasvervangersbank kan die naweek ’n beduidende impak maak.

“Dis beslis een van die sterkste groep plaasvervangers wat ons in ’n lang tyd gekies het,” het Gatland gesê.

Daar is onder andere twee Britse en Ierse Leeus, Dan Biggar en Liam Williams, en ’n voormalige Walliese kaptein, Ellis Jenkins, op Wallis se plaasvervangersbank.

Die spanne is:

Wallis: Leigh Halfpenny, George North, Jonathan Davies, Hadleigh Parkes, Josh Adams, Gareth Anscombe, Gareth Davies, Ross Moriarty, Justin Tipuric, Dan Lydiate, Alun Wyn Jones (k), Adam Beard, Tomas Francis, Ken Owens, Nicky Smith. PLAASVERVANGERS: Elliot Dee, Rob Evans, Dillon Lewis, Cory Hill, Ellis Jenkins, Tomos Williams, Dan Biggar, Liam Williams.

Wallabies: Dane Haylett-Petty, Israel Folau, Samu Kerevi, Kurtley Beale, Sefa Naivalu, Bernard Foley, Will Genia, David Pocock, Michael Hooper (k), Jack Dempsey, Adam Coleman, Izack Rodda, Allan Alaalatoa, Tolu Latu, Scott Sio. PLAASVERVANGERS: Tatafu Polota-Nau, Sekope Kepu, Taniela Tupou, Rob Simmons, Ned Hanigan, Nick Phipps, Matt To’omua, Jack Maddocks.

Afskop: 19:20.

TV: SS 1.

Meer oor:  Warren Gatland  |  Dan Biggar  |  Michael Cheika  |  Cardiff  |  Australie  |  Wallis  |  Jaareindtoer  |  Rooi Drake  |  Wallabies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.