Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Vergete’ Madibaz-ster nou kontrakloos

’n Seisoen of wat gelede is ’n groot toekoms op die rugbyveld nog vir Bevan Prinsloo voorspel, maar nou sit hy sonder ’n kontrak.

Dié 22-jarige losvoorspeler het op skool as Grey High School se kaptein en in die Oostelike Provinsie se junior spanne die veld aan die brand gespeel.

In 2019 het hy vir die Madibaz in die Varsityskild-reeks uitgeblink. Hy was soms eenvoudig onkeerbaar wanneer hy met die bal op loop gegaan het.

Voor die Covid-19-pandemie het hy selfs ’n rukkie saam met die Southern Kings geoefen.

Bevan Prinsloo word vasgevat toe hy twee jaar gelede vir die Madibaz in aksie was. Foto: Varsity Cup

Toe rugby in die land uiteindelik weer aan die gang gekom het, is Prinsloo genooi om saam met Peter de Villiers se OP-span te oefen.

Gedurende die sogenaamde voorbereidingsreeks het hy egter net enkele kanse as plaasvervanger gekry.

Toe dié kort reeks eindig, het Prinsloo se kontrak met die OP ook verstryk.

De Villiers het ’n groepie spelers vir die Eerste Liga-reeks gekontrakteer, maar hy was nie een van hulle nie.

“Ek is tans in George (waar sy ouers woon) en ek kyk maar uit vir ander geleenthede,” sê Prinsloo. “Ek oefen nog steeds elke dag en ek glo steeds ek het ’n toekoms in rugby.”

Op ’n manier is Prinsloo se gesukkel om ’n deurbraak te maak ironies. ’n Paar weke gelede is Mihlali Mosi, wat hierdie seisoen die oog getref het met sy spel as agtsteman vir die Madibaz, ’n kontrak by die Cheetahs aangebied.

Mosi het speeltyd op die veld gekry en Prinsloo nie juis nie.

Volgens Prinsloo is dit maar moeilik om jouself te bewys as jy nie speelkans kry nie.

’n Ander speler wat voor die pandemie vir die OP uitgeblink het, die senter/vleuel Ivan-John du Preez, het intussen bevestig dat hy sy stewels weggepak het.

Du Preez is in 2019 deur Chumani Booi, wat toe die OP-afrigter was, uitgesonder as een van die spelers wat hy meen speelkans by ’n franchise verdien.

Du Preez het egter besluit om hom eerder op sy werk toe te spits.


Meer oor:  Op Olifante  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.