Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Verlore seun’ Ruan staande toegejuig
Ruan Pienaar en sy ou spanmaat by Ulster John Andrew.Foto: Getty Images

Die Cheetahs se kaptein, Ruan Pienaar, is Saterdagaand in Belfast staande toegejuig toe hy met twee minute se speeltyd oor in die Pro14-stryd teen Ulster – sy ou span – vervang is.

Dit was ’n emosiebelaaide wedstryd vir die 35-jarige Pienaar, wat sewe jaar lank agter die oond vir die Noord-Ierse span skoongemaak het.

Sy terugkeer na die Kingspan-stadion het ongelukkig toe nie die gelukkige einde gehad waarop hy gehoop het nie, maar dis was werklik soos ’n verlore seun wat huis toe gekom het.

Sy ou span het sy nuwe span met 20-10 op ’n nat veld geklop om hul tweede plek in Afdeling A, agter Leinster, te verstewig.

Daar is vir Pienaar ’n erewag gevorm ná afloop van amptelike speeltyd deur die Ulster-spelers, wat ’n aanduiding is dat hy diep spore by die klub getrap het.

Dit het gelyk asof hy steeds deel van die klub is.

Selfs die Pienaar se afrigter, Hawies Fourie, is geraak deur die gebaar van die Ierse ondersteuners wat Pienaar op die hande gedra het, ofskoon hy reeds drie jaar gelede by hulle weg is.

Fourie het ’n video-opname gemaak toe Pienaar in die 78 ste minuut deur Tian Meyer vervang is en het dit aangestuur en geskryf: “Luister hoe cheer die supporters vir Ruan toe hy van die veld kom. Nog nooit so iets beleef nie.”

“Ek moet ook sê, as daar iets is wat ek graag sal wil saamvat waar ek ook al in die toekoms in my lewe afrig, is dit Ulster se skare.

“Dit was ongelooflik vir my hoe die mense vir Ruan gecheer het toe hy uitkom met die opwarming, toe ons opdraf op die veld en elke skop wat hy oorgeskop het.

“Toe hy vervang is, het hulle hande geklap en dan ook vir die Cheetahs, hoe hulle stilbly as jy pale toe skop. Dis die beste skare wat ek nog teëgekom het – en ook hoe hulle hul eie span ondersteun, die gesing en die ondersteuning van die kant is iets wat ek lank sal onthou,” sê Fourie.


Meer oor:  Ulster  |  Ruan Pienaar  |  Belfast  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.