Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Verster kan VS deur Covid-19 bystaan

Harold Verster sal vir nou tot minstens die einde van September as uitvoerende hoof van die Vrystaat-Cheetahs aanbly.

Die Vrystaat-Cheetahs toe hulle die Curriebeker-reeks in 2019 gewen het deur die Goue Leeus in Bloemfontein te klop. Foto: Gallo Images

Die Vrystaat-Cheetahs het dié versekering Woensdag in ’n verklaring gegee, nadat dit bekend geword het dat Verster (70) ná sy verbintenis van langer as 50 jaar gaan uittree.

Die verklaring meld dat sy uittrede sal afhang van die impak van die Covid-19-pandemie op Vrystaat Rugby en SA Rugby.

“Vrystaat Rugby het nou sy ervaring as leier in die onsekere tye nodig. Sy ervaring bring stabiliteit en is van onskatbare waarde in die moeilike tye.”

Die raad sal binnekort ’n proses begin om ’n opvolger vir hom aan te wys.

Verster kan met al sy ervaring in ’n raadgewende hoedanigheid langer betrokke bly en ook help dat die oorgang later seepglad verloop.

Verster, wat die Vrystaat van die speelveld – hy het 15 wedstryde in 1974 en 1975 vir die provinsie gespeel – tot die raadsaal gedien het, het Woensdag sy laaste algemene jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) bygewoon waar hy ’n lid met ’n stem was.

Harold Verster, uitvoerende hoof van die Vrystaat Rugbyunie. Foto: Gallo Images

Verster is ’n Vrystater in murg en been. Hy het sedert 2011 die posisie van uitvoerende hoof by die Vrystaat Rugbyunie (VRU) beklee, nadat hy voorheen die president was.

Mark Alexander, president van Saru, het in ’n nuusverklaring van dié beheerliggaam verwys na die impak wat Verster gelaat het.

“Herold laat die nalatenskap van ’n beroepsfranchise wat baie doeltreffend bestuur is, ’n vennoot wat deur borge vertrou word en het ’n baie mededingende hoëprestasie-vertoning op die veld.

“Gedurende sy tyd as president het hy hom beywer vir die erkenning van die Vrystaat, Griekwas en die Griffons in die hartland.

“Dit het daarop uitgeloop dat die Cheetahs die status van ’n franchise (destyds vir Superrugby) gekry het.

“In sy (Verster) tyd is die Cheetahs as handelsmerk gevestig, en danksy goeie ondersteuning van borge kon hulle daarin slaag om die Curriebeker vyf keer te wen (en een keer te deel) – met die oorwinning in 2005 wat ’n droogte van 29 jaar tot ’n einde gebring het,” sê Alexander.

Tydens Verster se tydperk by die VRU is daar twee keer verbouings aan die stadion gedoen, die eerste vir die 1995-Wêreldbekertoernooi en later ook vir die sokkerskouspel in 2010.

“Harold het die provinsie en streek met passie gedien en was heeltemal verbind – iets wat deur sy eweknieë in rugby erken is, met die Cheetahs se identiteit, manier van speel en status in die spel wat hoë aansien geniet.”

Meer oor:  Cheetahs  |  Vrystaat-Cheetahs  |  Harold Verster  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.