Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Brandon Monument se held

Die SA Skolespan se verlies was gister die Hoërskool Monument van Krugersdorp se wins.

Monnas het Garsfontein met 45-14 in die halfeindronde van die Virsekerbeker-reeks verslaan. Morné Brandon, hul kaptein en SA Skole-haker, was weer op sy stukke en het veral met sy kraglopies beïndruk. Brandon is vanjaar, ná ’n moeilike Cravenweek vir hom, deur die keurders oor die hoof gesien.

Transvalia se vleuel Damian Jordan probeer Helpmekaar se plaasvervangersenter Adriaan du Toit plattrek. Foto: Johan orton

Monnas sal Saterdag nie net ’n kans kry om sy titel as kampioen van die Virsekerbeker se Beker-afdeling te verdedig nie, maar ook om wraak teen Helpmekaar-kollege te neem.

Helpies het danksy ’n drie in die doodsnikke van hul halfeindstryd teen Transvalia (34-33) deur die plaasvervangerstut André Stroiz sy plek in die eindstryd bespreek. Sy losskakel,
Tiaan Botes, moes die doelskop oorklits om die sege te beklink.

Helpies se enigste nederlaag in vanjaar se kompetisie was teen die einste span van Vanderbijlpark. Transvalia het dié wedstryd vroeër vanjaar met 23-20 gewen.

Helpies het verlede week vir Monument met 30-15 in die laaste groepwedstryd geklop. Monnas kon laas in die 1990’s daarin slaag om Helpmekaar te verslaan.

In die Plaat-afdeling het Eldoraigne sy plek in die eindstryd volgende week bespreek met ’n sege van 44-38 oor Marais Viljoen.

Eldos se losskakel, Marvin Pietersen, het drie keer Marais Viljoen se doellyn oorgesteek.

In die ander halfeindstryd moes Noordheuwel heelwat meer sweet om Kempton Park met 24-22 te klop. Nories se Cravenweek-skrumskakel, Justin Lambert, was die grootste verskil tussen die twee spanne.

Heelwat ondersteuners sal hul lippe vir die eindstryd van die Skild-afdeling aflek. Ben Vorster van Tzaneen en Oos-Moot sal mekaar in dié stryd pak.

In die eindstryd van Afdeling 2 sal Frikkie Meyer van Thabazimbi en die Hoërskool Secunda sake uitspook.

HTS Drostdy se Donkies het hul seisoen Vrydag op ’n hoë noot afgesluit deur Diamantveld van Kimberley waarskynlik sy grootste loesing ooit toe te dien. Die Donkies het Diamantveld op Trappespark in Worcester met 83-19 afgeslag.

Die “titel” van die voorste skolespan in Suid-Afrika vir 2018 sal eerskomende Saterdag in Bloemfontein beslis word wanneer Grey-kollege en Paul Roos Gimnasium mekaar die stryd aansê.

Paul Roos en Grey is vanjaar nog albei onoorwonne.

Meer oor:  Garsfontein  |  Hoërskool Monument  |  Sa Skolespan  |  Wins  |  Verlies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.