Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Verswakte Stormers teer op foute
Die Bulle se Springbok-heelagter, Warrick Gelant, kon die Stormers-agtsteman Juarno Augustus nie keer om oor die doellyn te beur in dié spanne se stryd in die Kaapstad-stadion nie. Foto: Jaco Marais

Die Bulle het in die Kaapstad-stadion die verleentheid op die lyf geloop om teen die Stormers se “B-span” met 33-28 slae te kry in die spanne se losmaker ter voorbereiding vir die Superrugby-kompetisie.

Goed en wel, oorwinnings twee weke voor dié reeks begin is nie veel meer as ’n voetnota werd nie.

Tog sal Pote Human, die Bulle-breier, onrustig wees dat sy span, wat met ’n veel groter reputasie in die Moederstad aangekom het, nie die Kaapse span kon wegbêre nie.

Die ander kant van die muntstuk is dat die tuisspan se breier, Robbie Fleck, baie moed skou skep uit die vertoning.

Veral in ag genome dat die Stormers voorlangs sonder ’n rits Bokke soos Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi, Frans Malherbe, Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit en Siya Kolisi was.

Die eerste kragmeting van die sogenaamde Superheld-Sondag – tussen die Leeus en die Haaie – kon nooit aan die gang kom en in die tweede wedstryd was dit presies die teenoorgestelde.

Die wedstryd het skaars begin en die Stormers was 21-0 voor.

Handré Pollard op pad doellyn toe, met ’n Stormers-verdediger wat vergeefs probeer keer.Foto: Gallo Images

In die eerste helfte is daar klokslag en klinies toegeslaan op die Bulle se foute. Al vier die tuisspan se drieë voor rustyd het gekom van Bulle-blapse.

Dit was nie gedane sake nie en die spanne is die tonnel binne met ’n agterstand van 21-26.

SP Marais vier sy drie ná ’n onderskeppoging in die eerste helfte van die Stormers se Superheld-Sondag-stryd teen die Bulle in die Kaapstad-stadion. Foto: Jaco Marais

Die punte het opgedroog nadat daar gaan rus is met albei afrigters wat al hulle plaasvervangers opgestuur het.

Vir ’n groot deel van die tweede helfte het dit gelyk of die besoekers die tjoppie uit die vuur kon krap, maar die Stormers se instaan-kaptein, Chris van Zyl, het met sy drie kort voor die einde toegesien dat dit nie gebeur nie.

* Puntemakers:

Stormers 33 (26). Drieë: Seabelo Senatla, Josh Stander, SP Marais, Juarno Augustus, Chris van Zyl. Doelskoppe: Marais (3), Damian Willemse (1).

Bulle 28 (21). Drieë: Handré Pollard, Ivan van Zyl, Warrick Gelant, Paul Schoeman. Doelskoppe: Pollard (3), Manie Libbok (1).

Meer oor:  Pote Human  |  Superheld-Sondag  |  Stormers  |  Kaapstad-Stadion  |  Bulle  |  Chris Van Zyl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.