Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Veteraan Viviers droom weer van OP

Die veteraan-slot Ashleigh Viviers, wat in 2009 laas gereeld vir die Oostelike Provinsie uitgedraf het, is vuur en vlam om in 2021 weer die OP-span te haal.

Ashleigh Viviers aan die storm vir Park in ’n klubwedstryd in Port Elizabeth. Foto: Verskaf

Viviers (35) is een van ’n groep spelers wat verlede week deur die OP geoormerk is as moontlike kandidate vir die span.

“Daar is geen beloftes aan ons gemaak nie. Vir my is dit net wonderlik om weer in die mix te wees en ek sal alles in my vermoë doen om weer die span te haal,” sê Viviers.

Die OP begin Donderdag om die spelers te toets, maar sal eers oor kontrakte begin praat ná die nuwe OP-afrigter vroeg in Desember aangewys is.

Die meeste spelers in die OP-oefengroep is klubspelers. Viviers, wat deesdae vir Park speel, moet soos die meeste van hulle werk om die pot aan die kook te hou.

In die hospitaal was ek heeltemal deurmekaar. Ek het daar rondgeval, ’n wasbak uit ’n muur geruk en die bed omgegooi.

“Ek is ’n produksievoorman by ’n rubbermaatskappy. Dan verkoop ek ook huise in my vrye tyd en ek het ook my eie onderneming waar ek chemikalieë vermeng vir goed soos skottelgoedseep,” sê Viviers.

“Ek is geseënd met ’n iron lady vir ’n vrou. Dis nie altyd maklik vir my en Justine nie, want ons het ook nog drie jong kinders.”

Viviers is egter bereid om tussen al sy dagtake rond te spring vir die kans om weer vir die OP te kan speel.

Hy het sy debuut vir die span in 2008 gemaak en het 20 keer vir die OP gespeel voor hy in 2010 na die Grens-Bulldogs in Oos-Londen oorgeskuif het.

Ashley Viviers soos hy in 2009 gelyk het in een van die OP se oefeninge. Foto: Werner Hills

Hy het ses keer vir die Bulldogs gespeel voor hy in ’n klubwedstryd ernstige harsingskudding opgedoen het.

“In die hospitaal was ek heeltemal deurmekaar. Ek het daar rondgeval, ’n wasbak uit ’n muur geruk en die bed omgegooi,” onthou Viviers.

Hy het eers weer ses maande later begin rugby speel. Hy het na Port Elizabeth teruggekeer en het eers vir Polisie en toe vir Despatch gespeel.

Hy was verlede jaar verbaas toe die OP hom weer nader geroep het vir een wedstryd.

“Ek het gedink dit was die laaste keer wat ek vir die OP gespeel het. Nou is daar weer ’n kans dat ek nog provinsiale rugby kan speel en ek gaan alles insit om dit reg te kry,” sê Viviers.

Hy lag skielik wanneer hy onthou dat ’n rugbybaas ’n paar jare gelede vir hom gesê het hy is te oud om vir die OP te speel.

“Ek was toe 26. Nou is ek 35, so ek verstaan nie eintlik hoe van hierdie rugbybase aldag dink nie,” sê Viviers.

Meer oor:  Oostelike Provinsie  |  Op  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.