Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vies Treu storm uit Stormers se vergadering

Die Westelike Provinsie Rugbyunie is in ’n krisis gedompel nadat daar vandeesweek ’n skeuring in die Stormers se bestuurspan was.

Paul Treu / Foto: Gallo Images

Paul Treu, een van die hulpafrigters, het glo vandeesweek tydens ’n hersieningsproses van die Stormers se Superrugby-veldtog gesê hy het “genoeg daarvan gehad om sleg behandel te word en dat hy dit nie meer gaan vat nie”.

Volgens Netwerk24 se bronne het hy geweier om verder aan die hersiening deel te neem en blykbaar nie Donderdag by die werk opgedaag nie.

Dis welbekend in plaaslike rugbysirkels dat Treu en die Stormers se Nieu-Seelandse hulpafrigter, Paul Feeney, nie oor die weg kom nie.

Van die afrigters was glo ook in konflik met mekaar tydens vroeër vandeesmaand se wedstryd teen die Haaie op Nuweland.

Thelo Wakefield, president van die WPRU, het aan Netwerk24 bevestig dat daar ’n probleem is.

“Ek is deeglik bewus daarvan en sal kyk wat ek kan doen om die kwessie só gou moontlik op die spits te dryf,” sê Wakefield.

Gert Smal, die WP se direkteur van rugby, sê die kwessie moet “sensitief” hanteer word.

“Dit sal in ons strukture hanteer word,” sê hy.

Treu wou nie kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Ashwin Willemse  |  Stormers  |  Paul Treu  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.