Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Virus kan Moriarty kans in Sesnasies kos

Ross Moriarty, Wallis en Dragons se agtsteman, is in ’n wedloop teen tyd gewikkel om fiks te wees vir die Sesnasies-reeks nadat hy by die Wêreldbeker-toernooi in Japan ’n virus opgedoen het.

Daar gaan nie kanse gewaag word met Ross Moriarty se terugkeer vir Wallis nie, maar hy kan moontlik Wallis se Sesnasies-reeks misloop. Foto: Getty Images

Moriarty het heelwat gewig verloor, en kon nie sy nuwe span in die Pro14-reeks en Europese Uitdaagbeker-reeks uithelp nie.

Die Dragons is steeds die voorloper in sy groep, ongeag ’n omstrede nederlaag met 28-34 teen die Worcester Warriors, toe die losvoorspeler Taine Basham afgestuur is vir ’n boorvat.

Met ’n stewige skorsing wat Basham in die gesig staar, sal Moriarty se afwesigheid gevoel word en Dean Ryan, die Dragons se direkteur van rugby, het aan RugbyPass gesê die klub sal geen kanse waag met die Britse en Ierse Leeus-agtsteman nie, wat las het van verkoue, erge gewigsverlies en ’n borsinfeksie.

Daar is bevind dat Moriarty ’n virale infeksie opgedoen het weens ’n skaafmerk wat hy aan sy voorkop opgedoen het tydens ’n oefensessie van Wallis in Japan.

Hy het op 1 November in die WB-uitspeelwedstryd gespeel toe die span deur Nieu-Seeland om die derde plek geklop is.

Dit was sy 41ste toets vir Wallis. Daar is nog nie vasgestel wanneer hy sy terugkeer kan maak nie.

Hy word deurentyd gemonitor met die oog op insluiting in Wallis se Sesnasies-groep.

Dit sal die eerste Sesnasies-groep wees wat Wayne Pivac aanwys nadat hy as hoofafrigter by Warren Gatland oorgeneem het.

Met Taulupe Faletau steeds uit met ’n besering vir Bath, is die agtsteman-opsies vir Wallis maar beperk.

“Ross het ’n virale infeksie en daar is geen haas met sy terugkeer nie of ’n datum gekoppel aan wanneer hy terug sal wees of weer sal speel nie.

“Ons wil seker maak dat hy die infeksie heeltemal afgeskud het. Hy het intussen gewig verloor en dis belangrik om seker te maak hy is gesond voordat ons daaraan dink om hom terug te bring,” het Ryan gesê.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Rooi Drake  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.