Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Virus knip ook Valke se Rapid Rugby-vlerke

Die debuutseisoen van Rapid Rugby is ook nou opgeskort.

Die nuwe kompetisie – wat deur die Australiese miljardêr Andrew Forrest in die lewe gebring is nadat die Western Force uit Superrugby is, is ná net een ronde gestop weens die uitbreking van die koronavirussiekte Covid-19.

Die Valke het ’n vennootskap met die Maleisiese rugbyunie gesluit om gesamentlik in die kompetisie as die Maleisië Valke deel te neem, en het in hul openingswedstryd verlede week 51-14 teen die Force verloor.

Die kompetisie is verlede jaar ook uitgestel om spanne meer tyd te gee om mededingend te wees, en die toekoms is nou onseker met net een ronde se wedstryde wat gespeel is. – Brenden Nel

Meer oor:  Koronavirus  |  Western Force  |  Covid-19  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.