Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Virus pootjie De Haas se Pro14-debuut

Die koronavirus het ’n stokkie gesteek voor Ruben de Haas, die Cheetahs se Amerikaanse Wêreldbeker-skrumskakel, se Pro14-buiging.

Die 21-jarige De Haas sou na verwagting vir volgende week se wedstryd teen Leinster in Bloemfontein ’n plaasvervanger gewees het ná ’n rugbesering wat die veteraan Springbok-skrumskakel Ruan Pienaar opgedoen het.

Ruben de Haas Donderdag in Bloemfontein aan die oefen. Foto: Mlungisi Louw

Tian Meyer sou Pienaar op nommer nege vervang en weer die kapteinskap by hom oorneem.

Hawies Fourie, Cheetah-brier, het Donderdag gesê Pienaar sal vir minstens vier weke buite aksie wees, en met dié dat die Pro14-reeks se wedstryde onbepaald opgeskort is, kry hy nou kans om deeglik te herstel sonder dat daar druk op hom is.

“Ruan het vir ’n skandering gegaan en die senuwee word steeds vasgeknyp in sy lae rug, so hy is vir drie tot vier weke uit. Hy moet oor drie weke weer teruggaan na die spesialis en daar sal dan ’n besluit gemaak kan word.

“Dit lyk gelukkig nie te ernstig nie,” sê Fourie.

Pienaar, wat Dinsdag 36 jaar oud geword het, het vandeesweek nie saam met die span geoefen toe hulle met hul voorbereiding vir die Leinster-stryd begin het nie.

Hy is voor die laaste wedstryd op toer teen die Dragons in Newport, Wallis, aan die span onttrek weens die einste besering.

Hy het tydens die kapteinsoefening ’n bal uitgegee en die vermoede was dat die senuwee toe reeds vasgeknyp was. Hy het tot voor die wedstryd behandeling ontvang in die hoop dat hy genoegsaam sou herstel om te kon speel.

Fourie sê dit sou ’n gulde geleentheid gewees het vir De Haas om sy buiging in die Pro14-reeks te kon maak.

De Haas het Donderdag ná die oefening erken dat hy teleurgesteld is dat hy nie nou meer volgende week sy Pro14-buiging sal kan maak nie.

Hy het ook nog nie sy Curriebeker-buiging vir die Vrystaat gemaak nie, maar het reeds 17 toetse vir sy aangenome Amerikaanse span gespeel. In verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan, het De Haas in al vier die Eagles se groepwedstryde teen Engeland, Frankryk, Argentinië en Tonga gespeel.

Hy is saam met Dian Badenhorst een van vier skrumskakels in die Cheetahs se vergrote groep.

Meer oor:  Koronavirus  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Ruben De Haas  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.