Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Virus sink eeufees, maar nie gees

Die oplewering van Springbokke soos Lood de Jager en Akker van der Merwe is maar net nogmaals ’n bewys dat die Luiperds, wat vanjaar 100 jaar oud is, bestaansreg in Suid-Afrikaanse rugby het, sê Mervyn Taylor, president van die unie.

“Ek glo beslis daar is steeds plek vir unies soos ons s’n,” sê Taylor, wat ook die hoof van die NWU-rugbyinstituut is.

“Die Luiperds, tesame met die NWU-Pukke, lewer steeds baie spelers vir die groter rugbylandskap op.

Die Wêreldbeker-wenner Lood de Jager vat Courtnall Skosan vas in ’n o.21-wedstryd tussen die Luiperds en die Bulle.

“Hier by ons kry ons spelers wat nog nie noodwendig ten volle ontwikkel is nie. Die kanse wat hulle hier kry, maak van hulle goeie spelers. Die groot unies raap hulle dan op. Toekomstige Springbokke word hier opgelei. Dink maar aan van die mees onlangse spelers soos Lood en Akker.”

Talle ander oud-Luiperds speel deesdae Superrugby en in verskeie ander kompetisies wêreldwyd, sê Taylor.

“In die amateurdae het die unie op gelyke voet met ander meegeding omdat geld nie so ’n groot rol gespeel het nie. Spelers het hier werk gekry.

“Ons rol is tans die ontwikkeling van spelers vir die groter landskap en om nog mededingend te wees in die ligas waarin ons speel, want ons is trots op ons trui.”

Rugby op die platteland word grootliks nog deur unies soos die Luiperds in stand gehou. Aangesien SA Rugby onder geldelike druk is, bestaan die moontlikheid dat franchises vorentoe ’n nog groter deel van die geldkoek sal kry en kleiner unies sal sukkel om te oorleef.

“Indien die (kleiner) unies verval, sien jy ook ’n verval in die spel. Dit het ’n invloed op die aantal spelers en toeskouers wat die spel dan trek.”

Taylor-hulle het groot planne gehad om hul 100ste verjaardag vanjaar te vier.

Ongelukkig sal dit moet wag totdat die koronaviruspandemie sy wurggreep op sport in Suid-Afrika verswak het.

Deel van die planne was ’n feeswedstryd op 23 Mei in Potchefstroom, waar skole en klubs betrokke sou wees.

Die Luiperds sal altyd onthou word as pioniers in die baie ryk tapisserie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis toe hulle die eerste rugbyspan in swart besit in Suid-Afrika geword het.

“Ons sal nou maar kyk wat die jaar vorentoe inhou, anders speel ons volgende jaar.

“Ons sou in Oktober ’n groot funksie gehou het, maar ons sal dit maar uitstel tot ons 101 jaar oud is.

“Ons het ook ’n museum by die unie begin en wou dit graag met die feeswedstryde geopen het, maar ons sal na ’n nuwe geskikte geleentheid soek.

“Ons Springbokke wat hier gekweek of gevorm is, bly vir ons ’n eer.

“Prof. Johan Claassen bly een van ons belangrikste mense. Hy’s die grootste individu in SA Rugby naas Dok Craven en is ons streek se kind.”

Mark Alexander, president van SA Rugby, het in ’n skrywe aan Taylor-hulle die Luiperds bedank vir hul bydraes tot rugby in die land.

“Die Luiperds sal altyd onthou word as pioniers in die baie ryk tapisserie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis toe hulle die eerste rugbyspan in swart besit in Suid-Afrika geword het, nadat hulle in Oktober 2007 ’n borgskap van Royal Bafokeng Sports Holdings gekry het,” sê Alexander.

Meer oor:  Eeufees  |  Luiperds  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.