Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Virus-slag tref Leeus: 4 toets positief

’n Leeus-speler en drie ander persone verbonde aan die Leeus is die afgelope week positief getoets vir die koronavirus.

Behalwe vir die speler is ’n lid van die Leeus se bestuurspan ook positief getoets. Die ander twee is personeellede van die fran­chise.

Die Leeus het aan Rapport die positiewe gevalle bevestig, maar sê ook dat nie een van die persone akuut siek is nie. Die Leeus wou nie die name van die vier bekend maak nie.

“Nie een van die mense wat positief getoets is vir die koronavirus is akuut siek nie. Hulle is óf asimptomaties of het net baie ligte simptome,” het die Leeus se spandokter, dr. Rob Collins, aan Rapport in ’n verklaring gesê.

Mark Alexander
Ná 106 donker dae is daar uiteindelik lig aan die einde van die tonnel.

Die speler en die bestuurslid is albei in selfisolasie en het geen kontak met die res van die span gehad nie. Die twee personeellede is ook in isolasie en mense waarmee hulle kontak gehad het, word nagespoor.

Die vier positiewe gevalle by die Leeus kom ná Andile Ntsila verlede week by die Cheetahs positief getoets is.

SA Rugby se president, Mark Alexander, het Vrydag in ’n brief aan al die land se rugbyunies gevra dat hulle moet saamstaan. Hy vra dat provinsies “alles moontlik doen” om te verseker dat voorsorgmaatreëls in plek is en dat protokolle nagekom word deur die spelers, afrigters en bestuur in belang van rugby en die spelersgemeenskap.

Collins sê in die verklaring dat die Leeus streng maatreëls ingestel het om die verspreiding van die virus te voorkom.

“Die Leeus Maatskappy het ’n uitgebreide en deeglike Covid-19-bedryfsplan wat deur SA Rugby en die regering hersien en goedgekeur is,” sê Collins.

Die bedryfsplan sluit onder meer in ’n siftingsvraelys wat voltooi moet word voordat iemand die perseel betree en mense se koors word ook dan gemeet. ’n Gesonde afstand moet oral gehandhaaf en maskers moet gedra word. Alle toerusting wat gereeld gebruik word en oppervlakke word gereinig en handreinigers is beskikbaar.

“Die hele span en spanbestuur het SARS-CoV-2 PCR-toetse ondergaan, voor ons terugkeer na opleiding, soos deur die regering vereis word. Afgesien van een lid van die spanbestuur en een speler, was al die ander toetse negatief. Die twee mense wat positief getoets is, is geïsoleer en het toepaslike mediese behandeling ontvang. Hul kontakte is ook opgespoor. Hulle is in kwarantyn geplaas en word gemonitor.”

Alexander sê in sy brief “ná 106 donker dae is daar uiteindelik lig aan die einde van die tonnel.

“Die regering se goedkeuring vir ons terugkeer sal ons spelers in staat stel om terug te keer na ons lokale as die eerste stap op die reis terug na normaliteit.”


Meer oor:  Leeus  |  Mark Alexander  |  Koronavirustoetse  |  Rob Collins  |  Covid-19  |  Covid-19-Bedryfsplan  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.