Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vishuis in koshuise se eindstryd

Bloemfontein. – Vishuis het vir die vyfde keer in sy geskiedenis deurgedring tot die eindstryd van die Varsitybeker-rugbyreeks vir koshuise.

Die driemalige wenner sal vir Patria van Pukke op 18 April die stryd om die beker aansê.

Die verteenwoordiger van die Universiteit van die Vrystaat het die afgelope week onoorwonne gebly deur drie klinkende oorwinnings te behaal. Vishuis het Donderdag in die Randse stadion in Johannesburg vir Harlequins van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit met 46-5 verslaan.

Saterdag het hy verlede jaar se kampioen, Mopanie van Tukkies, ’n drag slae van 37-8 op die velde van die Wanderers-rugbyklub toegedien.

Vishuis het egter sy beste vertoning vir laaste gebêre toe hy gister in die FNB-stadion in Soweto vir Oppierif van die Universiteit van Johannesburg (UJ) met 63-0 ore aangesit het. Vishuis sal trots wees op sy verdediging nadat hy slegs twee drieë in die drie wedstryde afgestaan het.

Patria is die enigste ander onoorwonne span in die reeks. Die eindstryd sal voorlopig as ’n voorwedstryd vir die Varsitybeker-eindstryd, soos wat jaarliks die geval is, gespeel word.Varsity Sports het gister in ’n verklaring bekendgemaak dat die halfeindstryde en eindstryde terugskuif na die tuisvelde van universiteite wat gekwalifiseer het.

Die moontlikheid bestaan ook dat die koshuis-eindstryd op die span wat eerste geëindig het, se tuisveld gespeel sal word. Indien dit die geval is, sal Vishuis na Potchefstroom reis, aangesien Patria 20 ligapunte teenoor Vishuis se 19 het. Volgens die afrigter, Didier Nigrini, was sy span se doel om vir Mopanie te wen en ook góéd te wen.

“Die klomp wedstryde (in so ’n kort tydjie) was maar hard op die ouens, maar gelukkig was Mopanie ons tweede wedstryd. Die spelers was van die begin af reg vir daai wedstryd,” het Nigrini gesê.

  • Intussen bevind die Kovsies se Young Guns hulle ná vier wedstryde tweede op die puntelys met 16 punte.

Die o.20’s sal in die eindstryd teen UJ speel, indien Tukkies nie vyf ligapunte kry en met meer as 20 punte teen die Madibaz wen nie.

Dit is die enigste wedstryd wat nog gespeel moet word. Die datum daarvoor is nog nie vasgestel nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.