Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vlok groet die WP, stig skopskool

Dit is nie net in spelersgeledere dat die Westelike Provinsie ná vanjaar se Curriebeker-reeks ’n paar staatmakers verloor nie. Ook Vlok Cilliers, die skopafrigter, het besluit om die tuig neer te lê by die Kaapse rugbyunie.

Robert du Preez oefen sy stelskopwerk onder Vlok Cilliers se wakende oog.

Cilliers en die voormalige WP- en Stormers-heelagter Joe Pietersen het besluit om ’n “skopskool” te stig, met die doelwit om spelers touwys te maak in die kuns van skopwerk.

Daar is reeds vier skole wat besluit het om aanstaande jaar van hul dienste gebruik te maak, terwyl Cilliers ook deur twee klubs in Japan as konsultant genader is.

“Ek was vir 17 jaar ’n skopafrigter – eers by die Blou Bulle en toe by die WP. Daar was altyd by my die begeerte om ’n skopskool te begin en konsultasiewerk te doen. Die skopskool begin 1 Februarie aanstaande jaar,” sê Cilliers.

“Van die skole wat reeds van ons dienste gebruik gaan maak, sal elkeen vir ons 10 skoppers gee om in al die aspekte van skopwerk touwys gemaak te word – takties, uit die hand en pale toe.”

Cilliers se betrokkenheid sal verseker dat dié skopskool geloofwaardigheid het. Hy was in nege Curriebeker-eindstryde betrokke, waarvan ses gewen is. Hy het ook saam met die Bulle drie Superrugby-titels gewen.

Vlok Cilliers. Foto: Gallo Images

Om by die WP sy loopbaan as heeltydse skopafrigter af te sluit, is presies hoe Cilliers dit wou gehad het.

“Ek het in 1993 by die WP begin speel en dit voel vir my asof ek die sirkel voltooi het,” sê hy.

Cilliers sê hy verlaat die WP op ’n goeie voet.

“Dit was ’n eer om betrokke te wees. Ek is baie dankbaar vir die geleentheid wat ek gekry het. Dis waar ek as speler begin het en om hier te kan afsluit nadat ons die Curriebeker gewen het, beteken baie,” sê Cilliers.

Cilliers vertrek op 14 November om vir 10 dae sy kennis met Japan se Kubota Spears te deel. Dié span word deur die voormalige Bulle-afrigter Frans Ludeke afgerig.

Daarna is dit Docomo Red Hurricanes toe om die voormalige SA o.20-afrigter Dawie Theron se skoppers touwys te maak.

Meer oor:  Wp  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.