Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vlok moet flou Franse weer skop gee
Vlok Cilliers se kundigheid gaan nou ingespan word om die Franse weer ’n sterk toetsnasie te maak.Foto: Gallo Images

Vlok Cilliers, een van Suid-Afrikaanse rugby se voorste skopafrigters, is met die taak opgelê om vir Frankryk ’n skopplan te gee wat hom weer onder die voorste spanne ter wêreld sal laat tel.

“Ek gaan aanvanklik in die Sesnasies-reeks betrokke wees. Fabien Galthie (die Hanse se nuwe hoofafrigter) wil hê ek moet vir die volgende vier jaar met hulle werk, maar ons neem dit toernooi vir toernooi,” sê Cilliers.

“Fabien se visie is om die Franse na die volgende vlak te neem waar hulle op gelyke voet met die voorste spanne ter wêreld kan meeding. Hy glo skopwerk is ’n aspek wat hulle sal moet verbeter om onder die vyf beste nasies te tel.”

Cilliers het Galthie in 2017 die eerste keer bygestaan toe die Fransman vir Toulon afgerig het. Cilliers het dié Franse spogspan vir twee seisoene op ’n konsultasie-grondslag gehelp.

“Fabien het vir my gesê dat hy met my gaan gesels sodra hy ná die Wêreldbeker-toernooi as Frankryk se afrigter oorneem,” sê Cilliers.

“Dit behels elke aspek van skopwerk – pale toe, uit die hand en takties.”

Cilliers meen die Hane het die potensiaal om vir top-nasies ’n ongemaklike teenstander te wees.

“Die talent is daar. Shaun Edwards, die Walliese verdedigingsafrigter, gaan ook op die bestuurspan wees. Fabien stel die regte ouens aan,” sê hy.

Die talent is daar. Shaun Edwards, die Walliese verdedigingsafrigter, gaan ook op die bestuurspan wees. Fabien stel die regte ouens aan.
Vlok Cilliers

“Daar is besonder goeie spelers in Frankryk se Top14-liga. Die uitdaging is net om eenvormigheid en stabiliteit te kry. As hulle dít doen, glo ek Frankryk sal weer ’n krag wees.”

Vir Cilliers is dit ’n droom wat bewaarheid word om met die Hane te kan werk.

“Ek wou nog altyd by ’n nasionale span betrokke raak. Ek het al op Curriebeker- en Superrugby-vlak gewerk en ’n toetsspan was die volgende doelwit,” sê hy.

“Dis vir my ’n massiewe eer om by Frankryk betrokke te raak. As hulle ’n paar dinge in plek kry, kan hulle weer ’n sterk toetsnasie word.”

Meer oor:  Frankryk  |  Kontrak  |  Talent  |  Hane  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.