Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vlok soek Wes-Kaap se beste jong skopper

Die bekende skopafrigter Vlok Cilliers is op ’n sending om die beste jong skopper van ’n rugbybal in die Wes-Kaap te vind.

Vlok Cilliers. Foto: Gallo Images

Cilliers, ’n voormalige Springbok, wat al die Bulle en Stormers se skopafrigter was, het sy inisiatief onlangs in Stellenbosch bekend gestel.

Hy wil dit aanstaande jaar na Gauteng uitbrei en dan ’n noord-suid-skopstryd tussen die wenners hou. Daarna wil hy dit in 2021 na ander provinsies uitbrei.

Vanjaar se Wes-Kaapse kompetisie word op 14 September in die Danie Craven-stadion in Stellenbosch gehou.

“Al die kinders gaan uit verskillende plekke op die veld pale toe skop en ook met skepskoppe en taktiese skopwerk op die proef gestel word. Daar sal ook gekyk word na wie die beste uit sy kwartgebied kan skop. Die speler wat die meeste punte kry, sal as die wenner gekroon word,” sê Cilliers.

’n Skenking van R30 000 deur Cash Crusaders aan die wenner se skool, asook ’n studiebeurs indien die skopper aan die akademiese vereistes voldoen en deur ’n tersiêre inrigting toegelaat word, is op die spel. Ander borge wat die leerling sal bystaan deur toerusting en ontwikkeling, is Puma en USN.

Skole word genooi om hul beste skopper in te skryf. Hulle moet die leerling se skopstatistieke, akademiese rekord, ’n video van sy skopaksie en ’n motivering deur die leerling stuur. Dit kan aan Cilliers gestuur word by admin@vlokskop.co.za.

’n Groep van 50 spelers sal uitgenooi word om deel te neem.

“Ons beveel sterk aan dat leerlinge vooraf by die akademiese instelling van hul keuse aansoek doen omdat baie universiteite se aansoeke sluit voordat die kompetisie plaasvind,” sê Cilliers.

“My droom vir hierdie kompetisie is dat dit ’n jong rugbyspeler ’n hupstoot sal gee om sy loopbaan vinnig op koers te kry.

“Skoppe kan wedstryde wen. Hulle kan jou hart breek of jou ’n gevoel van euforie laat beleef. Hulle speel dikwels ’n deurslaggewende rol in wedstryde en ons moet hierdie vaardigheid in Suid-Afrika ontwikkel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.