Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Voete’ moet groot stewels vol staan

Neem asseblief kennis van die volgende syfers: 24, 4, 14, 119 en 1,94.

Nee, dis nie die naweek se Lotto-wennommers nie, dit is die syfers wat die Cheetahs se 24-jarige slot Justin Basson beskryf.

Justin Basson. Foto: Gallo Images

Voete, soos hy onder sy spanmaats bekend staan, dra ’n nommer 4 op sy rug, ’n nommer 14-rugbystewel, hy weeg 119 kg en staan 1,94 m in sy sokkies.

Probeer hom stuit.

Hy is die mees senior slot in die groep met die vertrek van Reniel Hugo, Carl Wegner (albei Verblitz) en Rynier Bernardo (Canon Eagles), wat hul loopbane in Japan gaan voortsit het.

Hy behoort Dinsdag met die aankondiging van die Cheetahs se groepe vir die Curriebeker- en Pro14-reekse te weet hoe die wind vanjaar vir hom waai.

Basson is ’n baie beweeglike slot en hy en Hugo was in die Cheetahs se laaste Superrugby-seisoen (2017) ’n gedugte kombinasie.

Toe Hugo ’n besering opgedoen het, moes Basson eers met Wegner en later Bernardo kombineer.

Basson het vroeg in die Pro14-reeks sy duim gebreek en in die week voor die wedstryd teen Munster in Bloemfontein, sy enkel beseer. Daarna was hy ’n toeskouer voor hy in die SuperSport-uitdaagreeks as impakspeler speelkans gekry het.

Hy was verlede seisoen die eerstekeuse-vier-slot van die breier Rory Duncan (nou die Worcester Warriors in Engeland se afrigter) saam met Hugo.

Hy is nou weer oorgehaal om te veg vir sy nommer 4-trui.

“Ek wil weer vanjaar daai trui oor my kop trek en ek werk hard om dit terug te kry,” sê Basson.

Ek mis my ouers, my familie en vriende in die Kaap en natuurlik om by die see te wees.
Justin Basson

Die ander slotte wat op nommer vier met hom meeding, is Dennis Visser en Stephan Malan.

Basson, ’n gebore Kapenaar met ’n swaar Bolandse aksent steeds hoorbaar, is reeds vier jaar deel van die Cheetah-familie en hy is nie ’n dag spyt oor sy skuif na die Rosestad nie.

Trouens, hy het lief geword vir die Vrystaat, maar hy word nog gereeld deur sy spanmaats geroskam oor sy “plat” Afrikaans.

“Ek mis my ouers, my familie en vriende in die Kaap en natuurlik om by die see te wees,” bieg Basson.

As jong lat het hy daarvan gedroom om vir die Streeptruie te speel, maar sedert sy koms na die Vrystaat in 2014 het hy nog nie teruggekyk nie.

“Dis mos maar elke seuntjie se droom om daai Streeptrui oor die kop te trek en dit was met my ook die geval, maar ek is nou by die Vrystaat en is nie spyt nie. Dit is eintlik beter, want ’n ander groot droom, om vir die Cheetahs te speel, het waar geword.

“My eerste herinnering aan rugby is ’n wedstryd tussen die Westelike Provinsie en die Blou Bulle op Nuweland.

“Ek onthou nog goed dat ek en my pa na die wedstryd gaan kyk het en daardie dag het die WP gewen. Die toeskouers was ongelooflik en dit het my altyd bygebly.”

Meer oor:  Vrystaat  |  Curriebeker-Reeks  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.