Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Volsteedt en Meyer binnekort herenig

André Volsteedt, kondisioneringsafrigter van Orlando Pirates se sokkerspan, gaan eersdaags met die rugbybreier Heyneke Meyer herenig word.

André Volsteedt / Foto: Getty Images

Meyer sal in die komende Europese seisoen die leisels by die Franse klub Stade Francais neem.

Volsteedt (43) is die seun van Johan Volsteedt, voormalige skoolhoof van Grey-kollege.

Sy loopbaan as fiksheidskundige het in 1999 by Griekwas se krieketspan begin voordat hy in 2000 hoof van kondisionering by Grey geword het.

Hy was in 2004 hoof van kondisionering van die Blitsbokke, waarna hy by die Haaie se akademie betrokke was.

Volsteedt het Tukkies in 2011 gehelp om die Varsitybeker-reeks te wen. Hy het hom in dieselfde jaar by die Bulle aangesluit, waar hy tot 2015 gewerk het.

Toe hy hom destyds by die Bulle aangesluit het, was Meyer die direkteur van rugby.

Hy gaan hom ná bykans drie jaar by Pirates weer by Meyer in Frankryk aansluit.

Meyer is in Maart vanjaar as Stade Francais se hoofafrigter aangestel.

Stephen Plummer, wat Volsteedt se adjudant was by Pirates, sal in alle waarskynlikheid by hom oorneem.

Ek wil graag die Orlando Pirates-familie bedank, die personeel en veral die voorsitter (Irvin Khoza) vir die ondersteuning en die aanmoediging oor die afgelope twee en ’n halwe seisoene by die klub.
André Volsteedt

“Ek wil graag die Orlando Pirates-familie bedank, die personeel en veral die voorsitter (Irvin Khoza) vir die ondersteuning en die aanmoediging oor die afgelope twee en ’n halwe seisoene by die klub,” het Volsteedt op die klub se webtuiste gesê.

Die Buccaneers het Volsteedt sterkte toegewens met die nuwe hoofstuk van sy loopbaan in Frankryk.

Stade Francais het die Franse Top14-kompetisie dié seisoen in die 12de plek afgesluit.

Volsteedt het sy vertrek na Frankryk Woensdag bevestig, maar wou nog nie oor sy nuwe betrekking gesels nie, omdat hy nog wag op ’n amptelike aankondiging deur Stade Francais.

Volsteedt was ook ’n eersterangse krieketspeler en het vir die Boland en Vrystaat gespeel. Hy was in 1993 die kaptein van die Suid-Afrikaanse Skolespan.

Meer oor:  Heyneke Meyer  |  Frankryk  |  Stade Francais  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.