Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vorster en Mapoe kan Bulle 'laat brul'

’n Rits voormalige Bulle in die Leeus-kamp en ’n handvol voormalige Leeus in die Bulle-kamp draf vandag teen mekaar uit op Loftus Versfeld.

Harold Vorster en Lionel Ma­poe se kombinasie in die Bulle se middelveld sal veral met belangstelling in dié Curriebeker-kragmeting dopgehou word. Dié twee het voorheen ’n gedugte senterpaar op Ellispark gevorm voordat hulle daar weg is, terwyl hul kombinasie ook vir Cornal Hendricks uit die 12-trui hou.

Cornal Hendricks, wat tot dusver die meeste van sy rugby onder Jake White op binnesenter gespeel het, draf vandag weer op vleuel uit in die Blou Bulle se kragmeting met die Pumas. Foto: Gallo Images

Hendricks draf op vleuel uit in die posisie wat hom sy Springbok-trui besorg het.

In die Leeus-kamp is die skrumskakel, André Warner, die baljagterflank Roelof Smit en die plaasvervangerhaker, Jaco Visagie, onder die verloopte Bulle wat om glorie soek teen hul voormalige span.

Die besoekers kry ook verskeie senior spelers terug nadat hulle sonder van hul staatmakers moes klaarkom.

Die Bok-vleuel Courtnall Skosan is terug, met die haastige Rabz Maxwane op vleuel en dié tweestuks behoort ’n bietjie skop in die Leeus-agterlyn te sit.

Nog ’n voormalige Bul, Dan Kriel, is terug op senter vir die Leeus, terwyl die klipharde flank Vincent Tshituka ook weer in die beginspan is.

In ’n verrassende skuif deur die Leeus-afrigter, Ivan van Rooyen, is die opwindende jongeling Wandisile Simelane op heelagter gekies.

Die vertoning van Johan Goosen, Bulle-losskakel, sal ook met hope belangstelling dopgehou word.

Sedert sy skitter-vertoning teen Suid-Afrika A in ’n vriendskaplike wedstryd in Kaapstad, word daar gegis dat hy met nog sulke vertonings homself weer terug in die Bok-prentjie kan speel. Goosen het dus ’n gulde kans om sy aandele nog verder te verhoog. Ditto Marcel Coetzee, wat die Bulle in die 6-trui sal aanvoer.

Die opwindende losvoorspeler Elrigh Louw, wat weer op dreef sal wil kom ná ’n kniebesering, kry straks die kans om Duane Vermeulen se Bul-plek syne te maak.

Bulle: David Kriel, Cornal Hendricks, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Richard Kriel, Johan Goosen, Zak Burger, Elrigh Louw, Muller Uys, Marcell Coetzee (k), Ruan Nortjé, Walt Steenkamp, Jacques van Rooyen, Johan Grobbelaar, Simphiwe Matanzima. PLAASVERVANGERS: Schalk Erasmus, Gerhard Steenekamp, Mornay Smith, Janko Swanepoel, Nizaam Carr, Keagan Johannes, Chris Smith, Sibongile Novuka.

Leeus: Wandisile Simelane, Rabz Maxwane, Manuel Rass, Dan Kriel, Courtnall Skosan, Jordan Hendrikse, Andre Warner, Francke Horn (k), Vincent Tshituka, Roelof Smit, FP Pelser, Ruben Schoeman, Carlu Sadie, PJ Botha, Ruan Dreyer. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Sti Sithole, Jannie du Plessis, Reinhard Nothnagel, Ruhan Straeuli, Sibusiso Sangweni, Fred Zeilinga, Stean Pienaar.

Afskop: 15:15 (regstreeks op SS 211).

Meer oor:  Cornal Hendricks  |  Harold Vorster  |  Loftus Versfeld  |  Pretoria  |  Leeus  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.