Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vorster kry Bulle se nr. 13-trui
Die senter Harold Vorster maak Vrydag sy buiging vir die Blou Bulle. Foto: Gallo Images

Die senter Harold Vorster sal Vrydagaand op Loftus Versfeld sy debuut vir die Blou Bulle maak wanneer die tuisspan teen die Pumas te staan kom in die Curriebeker-reeks.

Vorster, wat voorheen vir die Leeus gespeel het, was sedert 2019 een van die Panasonic Wild Knights se staatmakers in Japan.

Hy vervang Marco Jansen van Vuren op buitesenter en is een van vier veranderinge aan die span wat Saterdag in Italië teen Benetton in die Reënboogbeker-eindstryd verloor het.

Die veteraan Gio Aplon is die nuwe heelagter in David Kriel se plek, terwyl Schalk Erasmus en Lizo Gqoboka by onderskeidelik Johan Grobbelaar en Gerhard Steenekamp in die voorry oorvat.

Bulle: Gio Aplon, Madosh Tambwe, Harold Vorster, Cornal Hendricks, Stravino Jacobs, Chris Smith, Ivan van Zyl, Marcell Coetzee (k), Ruan Nortjé, Nizaam Carr, Janko Swanepoel, Walt Steenkamp, Mornay Smith, Schalk Erasmus, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Sidney Tobias, Simphiwe Matanzima, Jacques van Rooyen, Muller Uys, WJ Steenkamp, Zak Burger, FC du Plessis, David Kriel.

Meer oor:  Bulle  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.