Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vreugde vir Reds ná 7 maer jare
Die skrumskakel Tate McDermott het een van die Reds se drieë teen die Waratahs gedruk. Foto: Getty Images

Die rugbyspan van die Reds het Vrydag ’n waarskuwing aan die ander spanne in Australië se plaaslike Superrugby AU-reeks gerig deur ’n welverdiende oorwinning van 32-26 oor die Waratahs in Brisbane se Suncorp-stadion te behaal.

Met dié sege het die Reds ook ’n wendroogte van sewe jaar teen die Waratahs verbreek.

Die wenspan het egter ’n paar benoude oomblikke beleef en veral hul vaskopstut, Taniela Tupou, was ’n verligte man toe die eindfluitjie blaas.

Tupou het sy span so byna die sege gekos met sy geniepsige en ongedissiplineerde spel.

In die tweede helfte het hy twee keer Waratah-spelers ’n stamp gegee nadat hulle klaar die bal weggeskop het.

Die tweede keer is hy deur die skeidsregter, Nic Berry, met ’n geelkaart van die veld afgestuur.

Dit was ongeveer 14 minute voor die einde en die Waratahs se losskakel Will Harrison het die daaropvolgende strafskop deur die pale gejaag om die telling met 26-26 gelykop te maak.

Met Tupou van die veld af vir tien minute, het die skaal swaar in die rigting van die Waratahs geswaai.

Die Waratahs het egter ook foute begaan n die Reds se losskakel, James O’Connor, het hulle duur daarvoor laat betaal.

O’Connor het in die laaste minute met twee strafskoppe pale toe geslaag om die oorwinning vir die Reds te verseker.

O’Connor het in die laaste minute met twee strafskoppe pale toe geslaag om die oorwinning vir die Reds te verseker.

Hy het die skopwerk pale toe by die heelagter, Bryce Hegarty, wat so ’n bietjie skeef gekorrel het op die aand, oorgeneem.

Dit was ’n heel vermaaklike wedstryd, met albei spanne wat goeie oomblikke op die aanval beleef het.

Die Wallaby-kaptein, Michael Hooper, het maar so-so vertoon in die Waratahs se nederlaag teen die Reds. Foto: Getty Images

Vir die wenspan het hul skrumskakel, Tate McDermott, veral in die eerste helfte kookwater vertoon.

Die jong Reds-agtsteman, Harry Wilson, was ook woelig en Tupou het, ten spyte van sy paar roekelose oomblikke, ook goed vertoon en het sy teenstander Angus Bell in die vaste skrums verniel.

James Ramm (regtervleuel) en James Maddocks (heelagter) het vir die verloorspan op die aanval geskitter.

  • Puntemakers: Reds 32: Drieë: Liam Wright, Filipo Daugunu, Tate McDermott, Harry Wilson. Doelskoppe: Bryce Hegarty (3). Strafdoele: James O’Connor (2). Waratahs 26: Drieë: Harry Johnson-Holmes, Jack Maddocks. Doelskoppe: Will Harrison (2). Strafdoele: Harrison (4).

• Daar word Saterdag nog ’n wedstryd in die Australiese reeks gespeel, met die Brumbies en die Rebels wat mekaar in Canberra die stryd aansê. Die wedstryd word van 11:00 op SuperSport 1 uitgesaai.

Meer oor:  James O'connor  |  Australie  |  Reds  |  Superrugby Au  |  Aussies  |  Waratahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.