Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vroeë loting vir 2023 kan spanne uitvang
Bill Beaumont, voorsitter van Wêreldrugby, kort voordat die Webb Ellis-trofee aan die Springbokke in Japan oorhandig is. Foto: Getty Images

Die tydsberekening van Wêreldrugby se loting vir die 2023 Wêreldbeker-toernooi in Frankryk kan verskeie rugbylande onder druk plaas.

Wêreldrugby en Frankryk se reëlingskomitee het vandeesweek aangekondig dat die loting vir die tiende WB-toernooi in November in Parys gedoen sal word.

Dit is ses maande vroeër as wat die geval was met 2019 se toernooi in Japan.

Met die loting wat plaasvind rofweg drie jaar voor die toernooi begin, kan daar maklik weer ’n situasie ontstaan waar drie-topspanne in dieselfde groep gaan wees.

Australië, Engeland en Wallis is in die 2015-toernooi saam geloot, met die Drake wat ten tye van die loting slegs negende op die wêreldranglys was.

Teen die tyd wat die toernooi aangebreek het, was dié spanne onderskeidelik tweede, derde en vierde op die ranglys.

Daar sal weer 20 spanne aan die toernooi deelneem, waarvan 12 spanne – Suid-Afrika, Engeland, Wallis, Nieu-Seeland, Japan, Frankryk, Australië, Ierland, Skotland, Italië, Fidji en Argentinië reeds outomaties gekwalifiseer het.

Soos met die vorige toernooie, sal dié spanne teen die einde van November op grond van hulle posisie op die wêreldranglys in die verskillende groepe ingedeel word.

Op grond van die huidige ranglys sal Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Engeland en Wallis onderskeidelik in Groep A tot D ingedeel word.

Dit bou momentum en opwinding in die gasheerland en regdeur die wêreldwye rugbyfamilie. Dit is die oomblik wat die spanne en ondersteuners kan begin beplan.
Bill Beaumont

Die volgende vier spanne op die ranglys, Ierland, Australië, Frankryk en Japan, sal dan elk in een van dié groepe geloot word en daarna spanne nege tot 12 op die ranglys.

Die oorblywende agt lande sal nader aan die WB-toernooi nog moet kwalifiseer.

Bill Beaumont, voorsitter van Wêreldrugby, sê die loting is ’n belangrike mylpaal vir die 2023-skouspel.

“Dit bou momentum en opwinding in die gasheerland en regdeur die wêreldwye rugbyfamilie. Dit is die oomblik wat die spanne en ondersteuners kan begin beplan.

“Met die posisies op die wêreldranglys wat in November bepalend sal wees, beloof dit om ’n boeiende rugbyjaar te wees, met elke toets wat belangrik is.

“Met beplanning en voorbereiding vir Frankryk 2023 wat momentum kry, sal die tafel in Parys gedek wees vir ’n onvergeetlike loting,” sê Beaumont.

Die loting sal ná die laaste jaareind-toetse plaasvind.

Die Springbokke het in 2019 gewys dat dit nie ’n doodsvonnis is om saam met ’n topspan soos die All Blacks in ’n groep geloot te word nie, maar sal hoop dat daar nie ’n derde sterk span in hul groep sal wees nie.

* Twee van die Springbokke se Wêreldbeker-wenners, Damian de Allende en RG Snyman, het intussen kontrakte met Johann van Graan se Ierse klub, Munster, gesluit.

De Allende en Snyman, wat in Japan speel, het albei kontrakte van twee jaar onderteken, sê Munster in ’n verklaring.

Meer oor:  Bill Beaumont  |  Frankryk  |  Wêreldbeker  |  Springbokke  |  2023  |  Wb  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.