Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vrot begin Kings se dood teen Dragons

’n Huiwerige begin het die Southern Kings Saterdag moontlik van ’n roemryke oorwinning in hul Pro14-wedstryd teen die Dragons in Wallis beroof.

Die Dragons was met 27-22 in Newport baas.

Godlen Masimla duik oor vir een van die Kings se vier drieë teen die Dragons.Foto: Gallo Images

Die Kings was in die tweede helfte die beter span en het ook sterker geëindig, maar hulle het die kragmeting onseker begin, so half asof hulle vaak was of in hul eie vermoëns getwyfel het.

Sommer al in die derde minuut het die hardwerkende flank van die Dragons, Ollie Griffiths, ná ’n mooi lopie van die heelagter, Jordan Williams, gaan druk.

Omtrent tien minute later het die Kings se losskakel, Masixole Banda, die bal teen die ander flank, Aaron Wainwright, vasgeskop en hy het sy span se tweede drie gedruk.

Ag toggie, het die meeste mense dalk gedink, hier kom nog ’n groot loesing.

Tog het die Kings in die tweede helfte gewys dat hulle ’n goeie voorseisoen gehad het en lekker fiks is.

Punte:

  • Dragons 27 (17): Drieë: Josh Lewis, Ollie Griffiths, Aaron Wainwright. Doelskoppe: Lewis (3). Strafskoppe: Lewis (2).
  • Kings 22 (10): Drieë: Yaw Penxe, Bjorn Basson, Michael Willemse, Godlen Masimla. Doelskoppe: Masixole Banda (1)
Meer oor:  Pro14-Reeks  |  Wallis  |  Dragons  |  Southern Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.