Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vrystaat-groep besaai met Varsity-sterre

Die Vrystaat-Cheetahs het in die afgelope Varsitybeker-rugbyreeks sewe uitblinkers by hul groep ingesluit vir hul Curriebeker-veldtog wat die naweek begin.

Die groepaankondiging vir dié reeks is Dinsdag aanlyn aan die vooraand van die span se eerste wedstryd, ’n buurstryd teen Griekwas Saterdag in Kimberley, gedoen.

Gideon van Wyk, wat in die Junior Bokke se groep was, kan die naweek sy Curriebeker-buiging teen Griekwas maak. Foto: Gallo Images

Janus Venter, haker van die Ixias, is die jongste gekontrakteerde speler. Hy het reeds sy buiging vir die span gemaak en is een van vier hakers in die groep.

Mihlali Mosi, agtsteman van die Madibaz, is die enigste ander voorspeler in die groep wat in die Varsitybeker-reeks gespeel het.

Die agterspelers wat in vanjaar se studentereeks in aksie was, is Cohen Jasper (heelagter, Ixias), Branden de Kock (skrumskakel, UWK), Zinedine Booysen (skrumskakel, Ixias), Evardi Boshoff (senter, Ikeys) en David Brits (senter Maties).

Jasper was die Speler van die Reeks en Boshoff was een van die benoemdes as Agterspeler van Reeks.

Met De Kock en Booysen, sowel as Dian Badenhorst, terug ná ’n draai by die Pumas, is daar vyf skrumskakels in die groep. Die gewese Bok-skrumskakel Ruan Pienaar sal steeds die span aanvoer.

Die Vrystaters se afrigter, Hawies Fourie, wys daarop dat hulle benewens die studente verlede jaar al ’n klompie jonger spelers by hul oefeninge betrek het, soos die losvoorspelers George Cronjé en Gideon van Wyk, wat nou ook in die groep is.

Fourie se boodskap aan al die jong en opkomende spelers is om hul spel in die komende Curriebeker-reeks na ’n volgende vlak te neem.

Die ervare senter Robert Ebersohn, wat uit Frankryk terugkeer, sal eers in Augustus vir hulle beskikbaar wees. Die name van die twee Cheetahs by die Springbokke, Frans Steyn (senter) en Rosko Specman (vleuel), verskyn nie in die groep nie.

• Ryno Opperman, voorsitter van die Vrystaat-Cheetahs, het by die aankondiging gesê hulle werk baie hard daaraan en is op die randjie daarvan om deelname te verseker aan top-Europese kompetisies, wat aan die einde van die jaar begin.

Die Cheetahs se Curriebeker-groep:

Voorspelers: Aranos Coetzee, Cameron Dawson, Alulutho Tshakweni, Schalk Ferreira, Conraad van Vuuren, Hencus van Wyk, Wilmar Arnoldi, Marnus van der Merwe, Louis van der Westhuizen, Janus Venter, Jacques Potgieter, Victor Sekekete, Jean Droste, Rynier Bernardo, Oupa Mohoje, Jeandré Rudolph, George Cronjé, Gideon van Wyk, Aidon Davis, Andisa Ntsila, Chris Massyn, Mihlali Mosi, Junior Pokomela.

Agterspelers: Ruan Pienaar (k), Tian Meyer, Branden de Kock, Zinedine Booysen, Dian Badenhorst, Reinhardt Fortuin, Brandon Thomson, Siya Masuku, Evardi Boshoff, Howard Mnisi, Chris Smit, David Brits, Duncan Saal, Marcell Muller, Craig Barry, Malcolm Jaer, Clayton Blommetjies, Cohen Jasper, Robert Ebersohn.

Meer oor:  Vrystaat-Cheetahs  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.