Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
VS, Ixias vat hande om jong ster te behou
Die vlugvoetige Cohen Jasper was die afgelope twee jaar een van die Ixias se blinkste sterre in die Varsitybeker-reeks. Foto: Gallo Images

Danksy ’n samewerkingsooreenkoms sal die opwindende, vlugvoetige heelagter Cohen Jasper na verwagting steeds in 2021 vir die Ixias in die Varsitybeker-rugbyreeks beskikbaar wees.

Die Vrystaat Rugbyunie en die Sentrale Universiteit vir Tegnologie is op die punt om saam te span om die 20-jarige Jasper, ’n student in inligtingstegnologie, in Bloemfontein te hou.

Hy sal dan aanstaande jaar ná die Varsitybeker-reeks saam met die Vrystaat begin oefen.

Hy was in 2019 een van die uitblinkers van die Vrystaat se o.21-span in die nasionale reeks, waar hy die voorste driedrukker met 13 drieë was.

Vir rugby in dié streek is dit goeie nuus dat Jasper, wat in 2019 die Ixias se Speler van die Jaar was, vir die afsienbare toekoms straks sy rugby in die Vrystaat gaan speel. Hy was in 2019 een van die uitblinkers van die Vrystaat se o.21-span in die nasionale reeks, waar hy die voorste driedrukker met 13 drieë was.

Met die o.21-reeks wat na verwagting gaan wegval en deur ’n o.20-reeks vervang gaan word, het dit beteken dat ’n speler soos Jasper maklik deur die krake kon val. Dít omdat hy te oud sal wees om in 2021 in die o.20-reeks te speel, maar straks nog te jonk en onervare sal wees om die Vrystaat se senior span te haal.

Pieter Bergh, hoofafrigter van die Ixias. Foto: Argief

Jasper, ’n oudleerling aan die HTS Drostdy in Worcester, se spel in die Rosestad het nie ongesiens verbygegaan nie en hy is laat verlede jaar in die Suid-Afrikaanse o.19-span ingesluit, wat in Georgië gaan toer het. Dié toer het as voorbereiding gedien vir die o.20-Wêreldtoernooi wat vanjaar sou plaasvind, maar weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is.

Die Ixias se afrigter, Pieter Bergh, is in sy noppies om Jasper te behou, en voorspel dat hy binne twee jaar ’n aanspraakmaker op die Cheetahs se nr. 15-trui kan wees.

“Dit is vir ons baie belangrik om ons beste spelers te behou. Hy is baie talentvol en pas perfek in by ons manier van speel.

“Dit is goed dat hy in die Vrystaat bly en ek glo dat hy binnekort druk op ouens soos Craig Barry, Rhyno Smith en Clayton Blommetjies gaan plaas. Hy is beslis goed genoeg,” sê Bergh.

Die Ixias sal ook volgende jaar steeds op ’n oud-Blitsbok, die senter Heino Bezuidenhout, se knoppie kan druk. Hy het hulle dié seisoen aangevoer.

Meer oor:  Cohen Jasper  |  Vrystaat  |  Varsitybeker-Reeks  |  Ixias  |  Rugby  |  Heelagter  |  Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.