Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vrystaat katrol losskakel met ‘voorgevoel’ in

’n Opwindende losskakel wat deur sy skoleafrigter beskryf word as iemand wat nie vasgevang word in ’n wedstrydplan nie, het ’n junior kontrak met die Vrystaat Rugbyunie gesluit.

Chadley Josias hoop om in 2021 reeds vir die Vrystaat se o.20-span uit te draf. Foto: Jorina Raath – speedshots.co.za

Die 18-jarige Chadley Josias, ’n skolier aan die Hoërskool Outeniqua in George, is vir twee jaar gekontrakteer.

Hy gaan onderwys aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein studeer en sal beskikbaar wees om vir die Ixias in die Varsitybeker-reeks te speel.

Daar is sprake dat die huidige nasionale o.21-liga na ’n o.20-reeks kan verander, wat beteken dat Josias in aanmerking kan kom om die Vrystaat in só ’n reeks te verteenwoordig.

“Hy (Josias) het ’n natuurlike voorgevoel om ’n wedstryd te lees. Ons tipiese losskakels is vasgevang in ’n wedstrydplan,” sê Abré Minnie, afrigter van Outeniqua.

“Maar hy kan verantwoordelikheid neem om die gang van ’n wedstryd met byvoorbeeld ’n skoppie te verander.”

Josias, wat die Suidwestelike Distrikte in 2019 by die Cravenweek-toernooi verteenwoordig het, sê hy tel behoorlik die slapies af voordat hy Bloemfontein toe verhuis.

“My eerste mikpunt is om die Vrystaat se o.20-span te haal, en dan sal ek graag hoër mikpunte wil bereik soos om in die Curriebeker te speel. Ek weet dit gaan baie moeilik wees, maar dit is ’n paar van die mikpunte wat ek vir myself gestel het vir volgende jaar,” sê Josias.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Vrystaat  |  Ixias  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.