Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vrystaat laat WP betaal vir ‘halfuur’
Duncan Saal, haastige regtervleuel van die Cheetahs, het feitlik in die eerste minuut vir die tuisspan gedruk in die Curriebeker-wedstryd teen die Westelike Provinsie Woensdag in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Die Westelike Provinsie het Woensdag duur betaal vir verspeelde kanse in sy Curriebeker-rugbystryd teen die Vrystaat-Cheetahs in Bloemfontein, met die tuisspan wat dié kragmeting met 38-21 gewen het.

Veral in die eerste helfte het die besoekers hul geleenthede gehad, maar swak afronding en verbete verdediging het hulle telkens punte ontsê.

Van punte kan jy egter die tuisspan se kaptein, Ruan Pienaar, niks vertel nie. Hy het 21 op sy eie bygedra onderweg na sy span se bonuspuntsege.

Die WP sal homself afvra hoe hy nie sy momentum van vroeër benut het nie.

Die tuisspan het vertroue begin put uit die feit dat hy die WP telkens voor die doellyn gestuit het. Toe die Vrystaters só die momentum begin kry, het hulle dit met ’n paar goeie drieë afgerond.

Die Streeptruie het ná Duncan Saal, regtervleuel van die Cheetahs, se mooi drie reg aan die begin die eerste halfuur oorheers. Die span het lank aan besit geklou en ook die gebiedsvoordeel gehad.

Maar ofskoon die Kapenaars behoorlik kamp opgeslaan het in die tuisspan se kwartgebied, kon hulle nie punte in dié halfuur van volgehoue druk aanteken nie.

Maar ofskoon die Kapenaars behoorlik kamp opgeslaan het in die tuisspan se kwartgebied, kon hulle nie punte in dié halfuur van volgehoue druk aanteken nie.

Die Cheetahs het ook heelwat strafskoppe in dié tyd afgestaan, maar die WP se losskakel, Tim Swiel, het skynbaar sy skopstewels in die spanbus vergeet.

Die WP, met die vasskop Neethling Fouché stewig in die skrums, het in die tyd sterk gedryf met talle lynstane van net voor die doellyn af. Die geluk het die span egter bly ontwyk.

’n Aangee van die slot JD Schickerling het net voor die doellyn verlore gegaan. Die stut Leon Lyons was ’n keer oor die doellyn, maar die bal kon nooit geplant word nie.

Die Cheetahs, moet ’n mens byvoeg, het onder dié druk verdedig asof hul lewens daarvan afgehang het.

Hulle het in die eerste 40 minute ’n verstommende 102 duikslae uitgevoer, waarvan net 22 nie suksesvol was nie.

Nadat die kwaai aanslag oorleef is, het Pienaar in die laaste paar minute van die eerste helfte twee strafdoele oorgeklits om sy span met rustyd met 11-0 te laat voorloop.

Evan Roos duik oor vir Westelike Provinsie. Die agtsteman het die Streeptruie se eerste twee drieë gedruk. Foto: Gallo Images

Die eerste 12 minute van die tweede helfte het hierna sommer vier drieë opgelewer.

Die agtsteman Evan Roos, nogmaals een van WP se groot uitblinkers, het twee keer afgerond.

Maar tussen nr. 1 en nr. 2 het die Cheetah se senter David Brits ook deurgedraf nadat die bal mooitjies in sy hande gewip het.

Pienaar was ook byderhand vir ’n vyfpunter nadat die heelagter Clayton Blommetjies skitterend deur die middelveld gesny het.

Blommetjies is vir ’n tweede kragmeting agtereenvolgens as Speler van die Wedstryd aangewys.

Die WP het met ’n paar strafskoppe teen die einde goed teruggeveg. Die haker Andre-Hugo Venter het in die 69ste minuut ’n dryfmaal afgerond, maar die bal verloor toe hy gedruk het.

Cohen Jasper het kort voor die einde die tuisspan se bonuspuntdrie gedruk nadat hy mooi opgevolg het en die bal voor die doellyn opgepik en oorgeduik het.

Puntemakers:

Vrystaat-Cheetahs 38 (11) Drieë: Duncan Saal, David Brits, Ruan Pienaar, Cohen Jasper. Doelskoppe: Pienaar (2), Reinardt Fortuin. Strafdoele: Pienaar (4).

Westelike Provinsie 21 (0) Drieë: Evan Roos (2), Thomas Bursey. Doelskoppe: Tim Swiel (2), Sacha Mngomezulu.


Meer oor:  Ruan Pienaar  |  Evan Roos  |  Kaapstad  |  Bloemfontein  |  Rugby  |  Cheetahs  |  Curriebekerreeks  |  Streeptruie  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.