Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vrystaat raap Blommetjies op vir CB-veldtog

Die heelagter Clayton Blommetjies is terug in Bloemfontein en draf weer in vanjaar se Curriebeker-reeks vir die Vrystaat-Cheetahs uit.

Clayton Blommetjies is terug by die Vrystaat-Cheetahs en sal deel wees van hul Curriebeker-veldtog. Foto: Getty Images

Die Vrystaat Rugbyunie het bevestig dat hy nader getrek is, met Malcolm Jaer wat die reeks weens ’n liesoperasie sal misloop.

Blommetjies (28) se kontrak van twee jaar met die Scarlets is ná net een seisoen deur dié Walliese span beëindig. Die Vrystaters het dié geleentheid, met Jaer wat beseer is, aangegryp.

Hoewel daar ander spelers in die groep is wat op heelagter ingespan kan word, bied Blomme – soos hy onder sy spanmaats bekend is – die span baie ervaring. Hy is ’n korttermynkontrak aangebied.

Hy het ’n paar Superrugby-reekse agter die blad, het meer as genoeg Curriebeker-rugby gespeel en het pas sy tweede Pro14-reeks voltooi.

Blommetjies is ’n aanvallende heelagter en hy beskik boonop oor ’n kanonpoot, wat ’n bal sonder moeite 70 m ver kan sool.

Dit was veral sy vertoning in die Curriebeker-eindstryd in 2016 teen die Blou Bulle in Bloemfontein, wat die Vrystaat met 36-16 gewen het, wat uitstaan as een van sy beste vertonings tot nog toe in ’n Vrystaat-trui.

Blommetjies sal egter eers die hoofafrigter, Franco Smith, moet oortuig dat hy ’n plek in die opdrafspan verdien. Die Vrystaat het vandeesweek ’n loslootjie en sy eerste CB-wedstryd is op 19 Julie teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld in Pretoria.

Die veelsydige William Small-Smith het in die opwarmwedstryd teen die Griffons die laaste vesting beman. Hy het voorheen vleuel en senter vir die Vrystaters gespeel.

Louis Fouché, Tapiwa Mafura en Adriaan Carelse is van die ander spelers in die groep wat op heelagter ingespan kan word.

Die Vrystaat-Cheetahs se Curriebeker-groep word Dinsdagaand aangekondig.

Soos voorheen bevestig, sal die skrumskakel Tian Meyer die span in die reeks aanvoer.

* ’n Aankondiging oor die beskikbaarheid van die gewese Springbok-skrumskakel Ruan Pienaar word ook binnekort verwag.

Meer oor:  Vrystaat  |  Clayton Blommetjies  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.