Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vrystaat klop WP naelskraaps in Bloem

Vrystaaaaaaaaaaaaaaat!!!

Juig! Die Vrystaat-Cheetahs vier hul wen teen die Westelike Provinsie in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Die grootste deel van die 13 045 toeskouers wat Saterdag in die Toyota-stadion in Bloemfontein was, sou die wedstryd met ’n yskoue Germaanse bruisdrankie gevier het omdat hul geliefde Vrystaat-Cheetahs deurgedring het na die halfeindstryd van vanjaar se Curriebeker-reeks.

Hulle het die Westelike Provinsie met 38-33 geklop. Dit was sekerlik die Vrystaters se beste vertoning tot nog in die reeks vanjaar.

Die Vrystaat het van ’n agterstand van 0-19 teruggeveg om dié belangrike wedstryd te wen.

Die Westelike Provinsie het egter dadelik gelyk na die honger span en dit is waarskynlik waarom hulle in die eerste helfte só ’n groot voorsprong kon opbou.

Die terugkerende Springbokke het ’n hengse verskil op die aanval gemaak.

Vier strafskoppe in die bestek van 21 minute het die wind vroeg reeds uit die seile van die Vrystaat-Cheetahs gehaal.

Dit gesê, die skeidsregter, Marius van der Westhuizen, het ook nie altyd die regte besluite geneem nie. Dit het soms gelyk of die wedstryd bo sy vuurmaakplek was.

Dit was waarskynlik Dillyn Leyds se drie vier minute voor rustyd wat die WP se kanse op ’n plek in die halfeindstryd ’n werklikheid gemaak het. Hy het soos ’n paling deur die water gegly om sy span se tweede drie te gaan druk.

Maar toe kap die Vrystaatse haker, Jospeh Dweba, terug om die telling teen rustyd ’n bietjie meer aansien te gee en die besoekers het gaan draai met ’n voorsprong van 26-12.

Die drie deur die Springbok-stut Wilco Louw in die tweede helfte, was die gevolg van swak verdediging deur die Vrystaters, maar niemand gaan dit onthou nie.

Die stutte, Hond van der Merwe en Boan Venter, is ná 25 minute se spel vervang en toe Ox Nche en Aranos Coetzee op veld kom, was die gort gaar.

Toe die vleuel Darren Adonis met 24 minute speeltyd oorgegaan het vir die Vrystaat se bonuspunt-drie, het sake aansienlik beter gelyk, maar harde werk het nog voorgelê.

Die Speler van die Wedstryd, Clayton Blommetjies, en sy haker, Dweba, was weer uitstaande, en niks minder word van hulle verwag in die halfeindstryd in die Toyota-stadion volgende week nie.

Puntemakers:

Vrystaat-Cheetahs 38 (12): Drieë: William Small-Smith, Joseph Dweba, Tian Meyer, Darren Adonis, Ox Nche, Jasper Wiese. Doelskoppe: Tian Schoeman (4).

Westelike Provinsie 33 (26): Drieë: Wilco Louw, Dillyn Leyds, Scarra Ntubeni. Doelskoppe: SP Marais (3). Strafdoele: Marais (4).

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.