Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vrystaat, SWD Dinsdag in uitspeelstryd

Dit is amptelik, die Vrystaat-Cheetahs en die Suidwestelike Distrikte-Arende speel Dinsdag in ’n Curriebeker promosie-relegasie-wedstryd in Bloemfontein.

Die Toyota-stadion in Bloemfontein gaan volgende week gasheer speel vir die promosie-relegasie-wedstryd tussen die Vrystaat-Cheetahs en die SWD-Arende. Foto: Gallo Images

Luidens ’n verklaring van die Vrystaat Rugbyunie sal sy “beste en sterkste beskikbare span” vir dié wedstryd ingespan word.

Dit sal meebring dat die Vrystaters drie wedstryde in nege dae gaan speel – Saterdag teen die Cardiff Blues, Dinsdag teen die Arende en volgende Sondag teen Munster.

Daar is Dinsdag bevestig dat dié wedstryd volgende Dinsdag om 18:00 in die Toyota-stadion beslis word.

“Die Cheetahs sal met hul beste en sterkste beskikbare span speel om hul Curriebeker-status te verdedig.

“Die Curriebeker-reeks is vir Vrystaat Rugby van die uiterste belang. Die Cheetahs het ’n baie moeilike taak gehad om in twee moeilike kompetisies gelyktydig mee te ding,” lui die verklaring.

“Die vooruitsig dat Curriebeker- en Pro14-reeks in die toekoms moontlik nie weer sal oorvleuel nie, bied groot toekomsverwagtinge vir die Cheetahs. Dit sal die Cheetahs in staat stel om weer ’n kragtige kampioenspan op die been te bring.

Die enigste span van die Vrystaters die laaste paar dae op die oefenveld, was hul Pro14-groep.

Die Arende het Maandag reeds begin slyp vir dié uitspeelstryd.

Die wedstryd moes voor 31 Oktober plaasvind, aangesien die Arende se spelers net tot dan gekontrakteer is. Hulle sou nie mediese versekering gehad het as die wedstryd later gespeel word nie.

Met die aankondiging deur die Vrystaat Rugbyunie dat die wedstryd volgende week gespeel word, was die Arende nog nie daarvan bewus nie.

“Ons weet dit gaan nie maklik wees nie en het ook ’n vermoede gehad dat ons teen hulle Pro14-span (sterkste) sou speel,” sê hul afrigter, Rynhard van As.

“Maar, soos ek altyd vir my manne sê: jy wil jou meet teen beste en daarom moet hy met die bestes kan meeding en wen om in Premierliga van die Curriebeker-reeks te kan speel.

“Vir ons as spelers en unie sal dit ’n hoogtepunt wees en ons gaan daarom alles in stryd werp om die bonatuurlike te kan vermag,” sê Van As. 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.