Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Vrystaat voedingsbron vir Bokke'

André Joubert, in sy speeldae bekend as die “Rolls Royce van heelagters”, het sy stem by dié van talle ongelukkiges gevoeg oor die moontlikheid dat die Cheetahs Dinsdag die trekpas uit die Pro14-reeks kan kry.

André Joubert 25 jaar gelede in aksie vir die Springbokke teen Wallis. Hier word hy deur sy Walliese eweknie Justin Thomas op Ellispark gelak. Foto: Gallo Images

Joubert het tussen 1986 en 1991 in 93 wedstryde vir die Vrystaat gespeel voordat hy hom by die Haaie aangesluit het.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) besluit Dinsdag of die Cheetahs nog voortaan deel van de Pro14-reeks sal bly en of daar vir die Superrugby-spanne van die Haaie, Leeus, Stormers en Bulle plek gemaak sal word om aan die Pro-reeks deel te neem. Die Cheetahs en Southern Kings het die afgelope drie seisoene in dié kompetisie gespeel nadat hulle in 2017 die trekpas uit Superrugby gekry het.

Joubert het sy senior loopbaan by die Vrystaat begin, waar hy opwindende rugby gespeel en die laaste vesting meesterlik beman het, net soos hy later vir die Haaie en ook die Springbokke gedoen het.

“Dit sal ’n groot teleurstelling vir Suid-Afrikaanse rugby wees as die Cheetahs nie verder aan die Pro14-reeks kan deelneem nie. Dit sal egter great wees as Saru ’n plan kan bewerkstellig om Cheetahs in Pro14 te hou,” sê Joubert.

Hy reken soos baie ander oudspelers en kenners dat die Vrystaat se bydrae tot Springbok-rugby oor baie jare heen nie vergeet of onderskat moet word nie.

Veg vir en ondersteun Cheetah-rugby tot die bitter einde om in die Pro14-reeks te bly. . .
André Joubert

“Die Vrystaat het nog al die jare ’n groot rol en bydrae gelewer ten opsigte van ontwikkeling in Suid-Afrikaanse rugby en daarby was hy ook nog altyd ’n goeie voedingsbron vir die Springbokke.”

Hy het ook sy stuiwer in die armbeurs gegooi oor wat hy dink Saru se ringkoppe behoort te doen om die Cheetahs se posisie in die Pro14-reeks en hul deelname aan die reeks in die toekoms te verseker.

“Veg vir en ondersteun Cheetah-rugby tot die bitter einde om in die Pro14-reeks te bly en saam met die spanne van noorde mee te ding.”

Die Cheetahs het in hulle eerste seisoen – 2017/’18 – die uitspeelwedstryde van die reeks gehaal, waar die Scarlets hulle uitgeskakel het. Daarna was daar ’n massa-uittog van spelers en het dit beroerd in die tweede seisoen gegaan.

Die afgelope seisoen het die Cheetahs egter weer tekens van hul aanvanklike sukses begin toon, net vir die Covid-19-pandemie om ’n voortydige einde aan hul deelname te maak.

Met die hervatting van die reeks vroeër vandeesmaand was dit onmoontlik weens die Covid-19-beperkings om oorsee te reis en tuiswedstryde teen die Kings was nie moontlik nie omdat dié span hom aan alle verdere rugby vanjaar onttrek het en sedertdien ook in likwidasie geplaas is.

En Joubert se boodskap aan die spelers in die tyd van beproewing?

“Bly positief, want verdere geleenthede sal kom. As dit so is dat hulle uitgeskop word, sal dit ’n groot teleurstelling wees, maar dan moet die Vrystaat harder werk, die Curriebeker wen en die Pro14-spanne laat les opsê sou hulle teen hulle speel.”

Meer oor:  André Joubert  |  Saru  |  Vrystaat  |  Cheetahs  |  Pro14-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.