Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vrystaatse opkikker-oortreder terug

’n Rugbyspeler wat ’n paar jaar gelede by ’n Cravenweek-toernooi betrap is dat hy ’n verbode middel gebruik het, gaan straks vanjaar in die Varsitybeker-reeks in aksie wees.

Teboho Rampai, ’n oudleerling aan die Hoër Tegniese Skool Louis Botha in Bloemfontein, is in 2017 vir twee jaar uit die spel geskors, nadat hy positief getoets het by die toernooi in Johannesburg.

Teboho Rampai (met die bal) in aksie vir die Vrystaat teen die Boland by die Cravenweek-toernooi vir o.18-spanne in 2017 in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Hy het die Vrystaat in 2016 en 2017 by die Cravenweek vir o.18-spanne verteenwoordig.

Rampai, ’n flank, se skorsing het laat in 2019 verstryk en hy is verlede week by ’n oefening van die Ixias opgemerk.

Die span se afrigter, Pieter Bergh, sê Rampai het sy straf uitgedien en hy vertoon sover goed in die oefeninge.

Rampai is nie die enigste speler by die Ixias wat vantevore ’n skorsing vir ’n oortreding moes uitdien nie.

Roeché Roelofse, ’n agtsteman en oudleerling van Sentraal in die Rosestad, wat alom as Wortel bekend staan, is ook deel van die Ixias se oefengroep.

Hy is in 2016 geskors ná ’n vuisgeveg in ’n skolewedstryd tussen die Tralies en Jim Fouché.

* Die oud-Blitsbok Heino Bezuidenhout, ’n senter, is Maandag as Ixias se kaptein vir die seisoen aangewys. Hy het vantevore ook vir Tuks in die Varsitybeker-reeks gespeel.

* Vanjaar se Varsitybeker-reeks begin op 3 Februarie.

Meer oor:  Cravenweek  |  Varsitybeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.