Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
VS-tiener Rusland toe om rugby te speel

’n Gebrek aan opsies in Suid-Afrika was een van die redes wat ’n jong Vrystaatse rugbyspeler laat besluit het om sy heil in Rusland te soek.

Dylan Smith (19), ’n veelsydige agterspeler en matrikulant aan die Hoërskool Goudveld in Welkom in 2019, het ’n kontrak van een jaar met Krasny Yar Krasnoyarsk gesluit.

Dylan Smith sit af op ’n lopie vir die Griffons tydens 2017 se Grant Khomo-week vir o.16-spanne, wat in Bloemfontein gehou is. Foto: Gallo Images

Sy kontrak het reeds op 1 Augustus in werking getree en hy hoop om binnekort sy visum af te handel, waarna hy oorsee sal vertrek.

“Ek sou oorspronklik eers Japan toe gegaan het om daar te speel en ook te studeer, maar toe vra ek my agent om ander opsies dop te hou. Toe kry ek dié geleentheid.

“Ek gaan dit as ’n oorbruggingsjaar benader, omdat ek ook nog nie seker is wat ek wil gaan studeer nie.

“Dit is maar enige jong man se droom om oorsee te speel en ek het ook nie enige aanbod by plaaslike unies gekry om hier te speel nie.”

Hoewel Smith in die toekoms wil studeer, gaan hy Russies leer en sy bes doen om dalk langer by die klub aan te bly.

Hy het voor die inperking aanvanklik klubrugby in Welkom gespeel, waarna hy ook ’n draai in Pretoria gaan maak het. Toe die inperking weens die Covid-19-pandemie aangekondig is, moes hy egter na die Noord-Vrystaat terugkeer.

Smith sê sy fiksheid is op ’n goeie peil, omdat hy elke dag gaan draf en sy pa ’n gimnasium vir hom tuis ingerig het. Hy het die Griffons in 2019 by die Cravenweek-toernooi verteenwoordig.

• Rian Olivier, wat saam met Smith op die skoolbanke was, het vroeër vanjaar ’n kontrak van een jaar met Castres in Frankryk gesluit. Dan vertrek nog ’n Goudvelder, Kevin Strydom, wat vanjaar in matriek is, later vanjaar ook na Frankryk. Ook Quintin Olivier, slot en kaptein van die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark, het hom onlangs vir twee jaar tot die Franse klubspan US Montauban verbind.

Meer oor:  Cheetahs  |  Rusland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.