Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vrystater soek plek in VSA se WB-groep
Ruben de HaasFoto: Gallo Images

Die Vrystaat XV-tal se skrumskakel Ruben de Haas het Woensdag Amerika toe vertrek om hom by die nasionale span aan te sluit vir sy eerste Wêreldbeker-oefenkamp.

Sy betrokkenheid by sy aangenome land se oefengroep in Colorado, beteken dat hy nie in aanmerking vir die Vrystaat-Cheetahs se Curriebeker-veldtog sal kom nie.

Hy het die naweek nog in die SuperSport-uitdaagreeks teen die Grens-Bulldogs gespeel toe die Vrystaters met 80-7 gewen het.

Die 20-jarige De Haas en 40 van sy 50 Eagles-spanmaats begin eersdaags met voorbereiding vir die Pasifiese Nasiesbeker-reeks. Die ander tien sluit later by hulle aan. Die groep sal uiteindelik tot 31 uitgedun word.

Hulle gaan vier toetse speel in hul opmars na die Wêreldbeker-toernooi.

Dit sluit in twee toetse, tuis en weg, teen Kanada.

Die Eagles gaan in Fidji ook teen Samoa en Japan speel.

De Haas, wat reeds in 11 toetse vir die Eagles gespeel het, kan later vanjaar in sy eerste Wêreldbeker-toernooi speel, as hy Gary Gold (afrigter, en voormalige Springbok-hulpafrigter) se finale groep vir die toernooi in Japan haal.

As hy die WB-groep haal, sal dit beteken dat hy eers in Oktober na Bloemfontein sal terugkeer.

Sy kontrak met die Vrystaat Rugbyunie verstryk einde Oktober 2020.

*Bepalings: Pasifiese Beker-toernooi: 27 Julie: VSA t. Kanada; 2 Augustus: VSA t. Samoa; 10 Augustus: VSA t. Japan.

* Wêreldbeker-opwarmingswedstryd: 7 September: VSA t. Kanada.

Meer oor:  Ruben De Haas  |  Bloemfontein  |  Skrumskakel  |  Cheetahs  |  Wereldbekertoernooi  |  Eagles  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.