Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Vrystaters skeidsregters in al drie eindstryde

Die nasionale rugbyeindstryde die naweek in die Kaap sal al drie deur Vrystaatse skeidsregters behartig word.

Jaco PeyperFoto: Gallo Images

Jaco Peyper is die man wat op Nuweland die fluitjie in die Curriebeker-eindstryd tussen die Westelike Provinsie en die Haaie blaas.

Dit sal die vierde Curriebekereindstryd wees wat hy behartig en sy derde in ’n ry. Twee van sy vorige eindstryde (in 2012 en verlede jaar) was ook tussen die WP en Haaie.

Die 38-jarige Peyper was in 2016 in Bloemfontein ook in beheer van die eindstryd tussen die Vrystaat-Cheetahs en die Blou Bulle.

Wyle Steve Strydom is met ses die Vrystater wat in die meeste Curriebeker-eindstryde die fluitjie gedra het.

André Watson se sewe eindstryde is die meeste nog deur ’n skeidsregter.

Die ander Vrystaters aan wie die naweek fluitjies toevertrou is, is Ben Crouse (34) en Griffin Colby (25).

Crouse, wat hom in 2016 uit Pretoria by die Vrystaatse skeidsregters aangesluit het, is die blaser in die eindstryd van die o.21-kompetisie, wat tussen die Blou Bulle en die Goue Leeus beslis word.

Colby is in beheer van die o.19-eindstryd tussen die Blou Bulle en die Haaie.

Meer oor:  Blasers  |  Skeidsregter  |  Curriebeker  |  Jaco Peyper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.