Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
VS-agttal uitgedun voor derby

Die enigste manier vir die Vrystaat-Cheetahs om hoegenaamd ’n kans te staan om Griekwas Saterdag in Kimberley te klop, is om hul voorlangs te tem.

Dié voorneme van die Vrystaters het op die vooraand ’n erge knou gekry met ’n paar voorspelers wat op die nippertjie na die Pro14-span ontbied is.

Steph Malan skuif van flank na agtsteman in die skrums vir die Vrystaat-Cheetahs teen Griekwas in Kimberley Saterdag. Foto: Gallo Images

Die agttal van die Curriebeker-span is Vrydag opnuut geskommel: daar is nou ses skuiwe waarvan drie posisioneel is.

Die stut Günther Janse van Vuuren en slot Dennis Visser moes hulle by die Pro14-groep aanmeld.

Kabous van Schalkwyk van die Ixias gaan sy buiging op stut maak, terwyl drie Shimlas, Nardus Erasmus (flank), Hanno Snyman (plaasvervanger, haker) en Raymond Woest (plaasvervanger-slot) ook betrek is.

Die Vrystaatse afrigter Daan Human het vandeesweek nog – voor die onttrekkings – gesê die vaste fasette sal die sleutel in die buurstryd wees.

“As jy iets wil doen teen Griekwas moet jy in die voorry redelik sterk wees. Dit sal ’n groot uitdaging wees. Ek dink hulle skrums is in die stadium een van hulle sterkpunte. In die Curriebeker-reeks skrum hulle die beste,” het Human gesê.

Griekwas het intussen ’n nuwe voorry – Ewald van der Westhuizen, Wilmar Arnoldi en Liam Hendricks – gekies en speel self met vyf veranderinge onder die agttal.

Die spanne is albei na ’n eerste sege in die reeks op soek.

Peter Engledow, afrigter van die tuisspan, sê die Vrystaat was nog altyd ’n moeilike span om teen te speel.

“Ons sien uit na die wedstryd en wil dit wen, daarom gaan ons net op ons eie spel fokus,” sê hy.

Hy sluit hom ná die Curriebeker-reeks aan by Hoër Jongeskool Paarl en Saterdag se wedstryd is sy voorlaaste in Kimberley.

“In dié stadium is daar geen emosies nie, daar is werk wat gedoen moet word en dit is waar die fokus nou is. Ek is seker hoe nader dit aan die tyd kom vir my om te gaan sal dit meer emosioneel wees, maar nou sien ek uit na die oorblywende wedstryde.”

Spanne

Griekwas: AJ Coertzen, Ederies Arendse, Kyle Steyn (k), André Swarts, Enver Brandt, George Whitehead, Christiaan Meyer, Jono Janse van Rensburg, Sias Koen, Eital Bredenkamp, Pieter Jansen van Vuren, Wandile Putuma, Ewald van der Westhuizen, Wilmar Arnoldi, Liam Hendricks. PLAASVERVANGERS: AJ le Roux, Nicolaas Oosthuizen, FP Pelser, Wendal Wehr, Zak Burger, Stephan Janse van Rensburg, Christopher Bosch.

Vrystaat-Cheetahs: Adriaan Carelse, Ali Mgijima, Carel-Jan Coetzee, Tertius Kruger, Vuyani Maqina, Ernst Stapelberg, Rudy Paige (k), Steph Malan, Nardus Erasmus, Daniel Maartens, Louis Conradie, Abongile Nonkontwana, Kabous van Schalkwyk, Reinach Venter, Johan Kotze. PLAASVERVANGERS: Hanno Snyman, Kevin Stevens, Raymond Woest, Luigy van Jaarsveld, Jannes Snyman, Dian Badenhorst, Reinhardt Erwee.

  • Skeidsregter: Marius van der Westhuizen.
  • Assistent-skeidsregters: Jaco Kotze en Nico Schmahl.
  • TV-skeidsregter: JJ Wagner.
  • Afskop: 17:00 (SS1, M-Net).

Curriebeker: Bepalings

Curriebeker: Puntelys

Curriebeker: Uitslae

Meer oor:  Vrystaat  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.