Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
VS-kopseer dalk in 2019 se CB-reeks verlig
Die Vrystaat-Cheetahs behoort volgende jaar beter rekenskap van hulself in die Curriebeker-reeks te gee. Foto: Gallo Images

Terwyl die vreugdevure nog hoog brand ná die Vrystaat-Cheetahs Dindsdag hul Curriebeker-status behou het toe hulle die Suidwestelike Distrikte- Arende geklop het, kan daar nóg goeie nuus vir dié unie te wees.

Die Curriebeker- en Pro14-reeks sal aanstaande seisoen nie oorvleuel nie, soos wat die afgelope twee seisoene die geval was.

Die vroeë aanduidings is dat die Curriebeker-reeks in 2019 van 23 Julie tot 7 September beslis kan word.

Dié datums moet nog deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) bekragtig word. Saru vergader hoeka vandeesweek waarop die formaat van die Curriebeker-reeks bespreek sal word.

Die Pro14-reeks kan vanweë die Wêreldbeker-toernooi wat van 20 September tot 2 November 20129 in Japan gespeel word, volgende jaar aanskuif.

Daar was nog geen reaksie op navrae aan die Pro14-organiseerders wanneer die reeks vir die 2019-’20 seisoen sal afskop nie.

As dit wel later begin, sal dit meebring dat die Vrystaters hulle nie weer in ’n soortgelyke posisie soos vanjaar en 2017 bevind nie toe hulle tegelykertyd aan twee reeks moes deelneem.

Die harde werk wat ons in die huidige Pro14-reeks ingesit het om meer mededigend te wees, sal in volgende seisoen se Curriebeker-reeks vrugte afwerp.
Franco Smith

“Die harde werk wat ons in die huidige Pro14-reeks ingesit het om meer mededigend te wees, sal in volgende seisoen se Curriebeker-reeks vrugte afwerp,” het Franco Smith, hoofafrigter van die Cheetahs, gesê.

“As ons daar (in die Curriebeker) weer ’n krag wil wees, moet ons met ons beste span speel. Ons sal (volgende seisoen) ook meer ervare spelers hê as wat die geval vanjaar in die Curriebeker-reeks was,” sê Smith.

Rudy Paige

Die Vrystaat-Cheetahs wat die Arende in die promosie-relegasie-wedstryd met 36-5 geklop het, was almal, met uitsondering van die Springbok-skrumskakel Rudy Paige, al in ’n stadium in die Pro14-reeks betrokke.

’n Paar het slegs enkele wedstryde gespeel, terwyl ander nie in hul gewone posisies ingespan is nie.

Die Arende se breier, Rynhard van As, het vooraf gemor dat dit onregverdig sou wees as hulle teen ’n Pro14-span in die uitspeelstryd moes speel.

“Hoekom ek dit gesê het, is omdat ek gevoel het dit sou meer regverdig gewees het as ons gemeet is teen hul span wat in die Curriebeker-reeks gespeel het.

“Ek dink ons het ’n baie beter kans teen daai span gehad, en dis hoekom ek gesê het dat dit vir my onregverdig is. Maar die reëls en die stelsel laat dit toe, want die Cheetahs is ’n franchise en hulle het seker die keuse om te besluit watter span hulle wou laat speel om hulle Curriebeker-status te behou.

“Daar was baie op die spel en daarom het hulle die Pro14-span gebruik. Maar ek voel dit was onregverdig dat hulle met dié span teen ons gespeel het.”

Ek voel dit was onregverdig dat hulle met dié span teen ons gespeel het.
Rynhard van As

Intussen het die Arende se spelers se kontrakte Woensdag verstryk.

“Dit sal ’n hartseerdag vir SWD-rugby wees as hy hierdie talentvolle groep jong spelers sou verloor. Hulle het die laaste jaar baie goed gedoen en saam ontwikkel.

“Dit is ook hartseer dat die spelers nie weet wat die toekoms vir hulle inhou nie,” sê Van As.

Meer oor:  Franco Smith  |  Bloemfontein  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Curriebeker  |  Swd-Arende  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.