SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
Vrystaat lok Kings se Mapimpi

Die Vrystaat het daarin geslaag om nog ’n spoedvraat na Bloemfontein te lok met die Southern Kings- en Grens-vleuel Makazole Mapimpi wat hom vir die Curriebeker-reeks by die Cheetahs aansluit.

Makazole Mapimpi. Foto: Gallo Images

Dit volg op die koms van Luther Obi van die Bulle wat Saterdag teen die Stormers reeds sy eerste Superrugby-wedstryd vir die Cheetahs gespeel het.

Mapimpi (26), wat tot aan die einde van volgende jaar gekontrakteer is, is tans by Grens gekontrakteer en speel Superrugby vir die Kings.

Die Vrystaat se direkteur van rugby, Rory Duncan, sê die onderhandelinge was sensitief, maar hy is bly om te kan aankondig dat Mapimpi voortaan sy rugby in Bloemfontein sal speel.

“Hy is ’n speler wat baie goed kan afrond en dit is wat ons nodig het. Ek glo hy sal goed inpas by die soort rugby wat ons by die Vrystaat speel en ek is seker as daar vir hom plek in enige span gemaak word, sal hy afrond,” sê Duncan.

Hy sê hy het verlede jaar reeds in Mapimpi se rigting begin loer en wou hom reeds aan die begin van die jaar al na die Rosestad gelok het, maar omdat hy deel van die Kings se planne was, het hy sy kans afgewag.

“Soos elke speler wat hier aankom, sal Mapimpi sy plek tot in die beginspan moet oopveg, maar ek is seker hy sal waarde tot ons Curriebeker-veldtog voeg. Hy sal egter moet wys hoekom hy vir die span gekies behoort te word,” se Duncan.

Mapimpi was in 2009 deel van die Grens se o.19-span wat die provinsiale kampioenskap gewen het. Hy het in 2014 sy Vodacombeker-buiging vir Grens teen ’n Haaie-XV-tal gemaak en in dieselfde jaar sy Curriebeker-buiging vir Grens teen die Griekwas.

Meer oor:  Vrystaat  |  Makazole Mapimpi  |  Cheetahs  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.