Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
VSA aanvaar as kandidaat om WB aan te bied

Australië en Rusland se veldtog om rugby se Wêreldbekertoernooi in 2027 aan te bied word bedreig nadat die VSA as ’n gasheer-kandidaat aanvaar is.

Die VSA is gretig om rugby se Wêreldbekertoernooi aan te bied. Foto: Getty Images

USA Rugby het op sy amptelike webblad bevestig sy bod is goedgekeur vir die aanbieding van die manstoernooi in 2027 of 2031 en die vrouetoernooi in 2029.

Die Amerikaners het hul bod ingedien nadat ’n lewensvatbaarheidstudie verlede jaar gedoen is om te bepaal of ’n Wêreldbekertoernooi in die VSA suksesvol kan wees.

Indien die Amerikaners daarin slaag om as gasheer vir enige van die drie toernooie aangewys te word, sal dit die eerste keer wees dat die rugbyskouspel in Noord- of Suid-Amerika aangebied word.

Die tydsberekening van die toernooi in 2027 is gunstig aangesien die VSA die medegasheer vir sokker se Wêreldbekertoernooi in 2026 en die Olimpiese Spele in Los Angeles in 2028 is.

Die gebruik van NFL-stadions kan ook verseker dat die toernooi in dieselfde lig as markies-byeenkomste soos die Spele en sokker se Wêreldbekertoernooi gesien word.

– Sportredaksie

Meer oor:  Usa Rugby  |  Toetsrugby  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.